# Die DA in die Wes-Kaap sê hy is ontevrede omdat die Nasionale Raad van Provinsies die ontbinding van die mislukte Knysna Munisipaliteit geblok het. Volgens die party is dienste soos water en afval ‘n mislukking, en hierdie besluit hou verdere omgewingskade in vir die Knysna-strandmeer en -riviermonding. Dave Bryant van die DA sê die […]
# Die Dai se eThekwini burgemeesterskandidaat, Mohammed Haniff Hoosen, het sy benoeming aanvaar en dit beskryf as beide ‘n eer en ‘n verantwoordelikheid. Hy het in sy toespraak verwys na ongelykheid, armoede, vervalle infrastruktuur en korrupsie. Hoosen het onderneem om basiese dienste en waterstelsels te herstel, rioollekplekke reg te maak, paaie te verbeter, en straatligte […]
# ‘n Skrywe in 2019 van die voormalige minster van Polisie, Bheki Cele, het diepe kommer onthul oor die hantering van politieke moordondersoeke in KwaZulu-Natal. Die skrywe is by die Madlanga-kommissie in Pretoria voorgelê deur die KwaZulu-Natalse vervolgingshoof, Elaine Harrison. Daar word gewaarsku dat getuies in gevaar was van omkopery of sluipmoorde, wat vervolgings bemoeilik […]
# Die president van die Patriotic Alliance en die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, dreig die ANC dat sy party ‘n koalisie met die DA sal vorm in volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing. Dit volg na sy eis dat die adjunkpresident van die PA, Kenny Kunene teen Dinsdag as burgemeesterskomiteelid vir Vervoer […]
# Tennis: Die agtste gekeurde Daniil Medvedev van Rusland is deur na die laaste 16 van die China Ope nadat hy Cameron Norrie van Engeland met 6-3, 6-4 uitgeskakel het. Die dag het egter ook sy kwota verrassings opgelewer met die Italianer Flavio Cobolli wat die sesde gekeurde Andrey Rublev met 7-6, 6-3 geklop het. […]
# Die direkteur van Openbare Vervolging in KwaZulu-Natal, Elaine Harrison, verwerp bewerings dat politieke moorde in 1994 geëindig het. Harrison het aan die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria gesê geweld wat verband hou met politiek duur steeds voort en vererger dikwels in die aanloop tot ‘n verkiesing. Harrison het herhalende patrone van moord, poging tot […]
# Die DA-leier John Steenhuisen het aangekondig Mohammed Haniff Hoosen is die party se burgemeesterskandidaat vir die eThekwini Munisipaliteit in KwaZulu-Natal. Steenhuisen het aan partylede gesê Durban benodig werkende dienste, funksionerende spoorweë, ‘n sterker ekonomie en werkskepping. Steenhuisen sê die stad se verval kan omgekeer word met leierskap wat waardigheid herstel, water- en rioolstelsels wat […]
# AZAPO sê dit is onaanvaarbaar dat kinders, ná 31 jaar van demokrasie, steeds wreedaardig aangerand word in instellings wat plekke van hoop moet wees. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê dit volg ná skokkende berigte oor die seksuele misbruik van leerders by St John’s College in Mthatha en by JS Skenjana High School in […]
# Rugby: Die vyfde weergawe van die Verenigde Rugbykampioenskap skop vandag af met die Stormers en die Bulle wat tuiswedstryde in Kaapstad en Pretoria het, terwyl die Haaie in Skotland is en die Leeus hulle veldtog in Wallis begin. Die Stormers speel vanaand sewe-uur teen die verdedigende kampioene, Leinster, terwyl die Haaie om vyf oor […]