# Die Global Sumud-flottielje doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om dringende stappe te doen om Israel se blokkade van Gaza te beëindig. Aktiviste en kenners van die Verenigde Nasies beskryf die blokkade as onwettig en ‘n vorm van gesamentlike straf wat voedsel, brandstof, mediese voorrade en humanitêre hulp vir meer as twee-miljoen mense […]
# Die Departement van Minerale en Petroleumbronne, die Raad vir Geowetenskappe en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het ‘n tweede ronde aansoeke vir die junior mynbou-eksplorasiefonds oopgemaak. Die fonds, wat klein mynbou-ondernemings met eksplorasie ondersteun, het 240-miljoen-rand opsy gesit om klein mynbouondernemings te help om minerale soos goud, koper, litium en uraan te vind. Junior mynwerkers met geldige […]
# Die LUR van Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning in Gauteng, Matome Chiloane, is vandag gasheer vir die Departement van Onderwys van Gauteng se SciBOTICS-kompetisie, in vennootskap met die Sci-Bono Ontdekkingsentrum in Johannesburg. Leerders van Graad R tot 11 sal hulle koderings- en robotika-vaardighede demonstreer. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die inisiatief […]
# Cricket: India captain Shubman Gill says his team plans to grind down the opposition on turning pitches as they begin their home season with two Tests against the West Indies. The opening Test starts Thursday (play starts at 6am SA time) at the world’s largest cricket stadium in Ahmedabad. A young Indian team showed […]
# Die Madlanga-kommissie van ondersoek na bewerings van misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die regstelsel se openbare sittings hervat op 13 Oktober. Vandag se verrigtinge is deur Regter Mbuyiseli Madlanga afgelas nadat die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, siek geword het en nie met sy getuienis kon voortgaan nie. Die woordvoerder van die kommissie, […]
# Die GOOD-party sê polisieklopjagte in Kaapstad ontbloot krake in die DA se bewering van skoon regering. Die party verwelkom pogings om korrupsie aan te pak en loof die Handelsmisdaad-ondersoekeenheid vir die gekoördineerde werksaamhede wat beweerde munisipale verkrygings-onreëlmatighede teiken. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, beloof om pogings te ondersteun wat deursigtigheid en eerlike dienslewering bevorder:
# Cosatu het Eskom en die regering geprys oor die kragreus se merkwaardige ommekeer, en verwys na sy eerste wins in agt-jaar en die verbetering in bestendige kraglewering. Matthew Parks van Cosatu sê hierdie vordering versterk die ekonomie ná die verlammende uitwerking van beurtkrag. Hy waarsku egter dat Eskom kwesbaar bly weens munisipale skuld van […]
# Die Kaapstadse polisie het klopjagte uitgevoer by 26 eiendomme wat verbind word met ‘n beweerde tenderbedrogsaak van 1,6-miljard-rand. Die grootskaalse operasie, gelei deur die Handelsmisdaad-ondersoekeenheid, het toegeslaan op sakepersele, privaat wonings van munisipale amptenare en persele wat verband hou met ondernemings waaraan stadskontrakte toegeken is. Die stad se woordvoerder, Luthando Tyhalibongo, sê die polisie […]
# Die afgevaardigdes van die Global Sumud-flotielje het onderneem om sy vreedsame humanitêre sending te handhaaf terwyl hulle Gaza nader, ten spyte van aggressiewe vlootbedrywighede en intimidasie. Die afgevaardigdes vra beskerming onder internasionale reg en vra die wêreld om aandag te gee aan die onwettige blokkering van humanitêre hulp en toenemende vyandighede in die streek. […]