# Die Konstitusionele Hof het ten gunste van pa’s beslis dat ouerskapsverlof van vier maande en tien dae tussen ouers gedeel kan word ná die geboorte van ‘n kind. Regter Laura Lumka Tshiqi het die baanbreker-uitspraak gelewer en sê versorging moenie net tot moeders beperk word nie, aangesien pa’s ook primêre versorgers kan wees. Sy […]
# Sokker: Amajita het teruggeveg na Maandag se 2-0 nederlaag teen Frankryk en by die onder-20 Wêreldbeker vir New Caledonia 5-0 verslaan vir hulle grootste oorwinning nog by die toernooi. Siviwe Nkwali het die eerste doel aangeteken het. Shakeel het ‘n strafskop verdoel en Siviwe Magidigidi het nog ‘n doel voor rustyd aangeteken. Magidigidi het […]
# Twee Keniaanse menseregte-aktiviste het in Uganda verdwyn nadat hulle na bewering deur gewapende mans ontvoer is toe hulle ‘n geleentheid van opposisie-leier Bobi Wine bygewoon het. Wine veroordeel die insident en sê hulle is in ‘n “mafia-styl” opgelaai en na ‘n onbekende bestemming geneem. Sekuriteitsagentskappe uit Uganda is voorheen al gereeld aangekla dat hulle […]
# ‘n Span vrywilligers wat kadawersnuffelhonde gebruik het om te soek na die liggaam van ‘n Britse kind wat meer as 50 jaar gelede in Australië verdwyn het, het ‘n “area van belang” gevind naby die plek waar sy verdwyn het. Owerhede vermoed die driejarige Cheryl Grimmer, wat saam met haar gesin uit Bristol geëmigreer […]
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê dit is nie nodig vir ‘n ondersoek na FIFA se besluit om drie punte teen Suid-Afrika af te trek in hul Wêreldbeker-kwalifiseringsveldtog nie. Die minister van Sport, Gayton McKenzie, het dit ‘n verleentheid genoem waarna Broos gedeeltelike verantwoordelikheid aanvaar het, saam met sy personeel, SAFA, en […]
# Die Stad Kaapstad het 40 nuwe metropolisiebeamptes ontplooi om veiligheid te verbeter op die N2-snelweg, die lughawe en die Borcherds-steengroefgebied. Patrollies sal dag en nag in werking wees om motoriste by te staan en misdaad te voorkom. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê dis deel van die stad se grootste belegging in wetstoepassing in meer as […]
# Action Society sê die Internasionale Dag teen Geweld vandag is betekenloos te midde van verkragting en geslagsgeweldsyfers wat hoog bly. Die organisasie waarsku ‘n vrou word elke 12 minute verkrag en die regstelsel sukkel met agterstande en ondoeltreffendheid. Die woordvoerder, Juanita du Preez, sê sonder beslissende optrede kan die land nie ‘n dag wat […]
# Amnestie Internasionaal sê Israel se onwettige onderskepping van die Global Sumud-flottielje toon hul vasberadenheid om doelbewus die Palestyne in Gaza uit te honger. Daar is op ten minste 39-vaartuie met humanitêre hulp beslag gelê en tientalle bemanningslede is in hegtenis geneem toe hulle Israel se blokkade probeer breek het. Shenilla Mohamed van die organisasie het […]
# Die Vryheidfront-Plus in Pretoria sê die Tshwane-metro betaal 1 sent vir ‘n liter water, maar 10 sent per liter om dit met tenkwaens te laat aflewer. Die party het ‘n dringende beroep op die metro gedoen om rekenskap te gee oor dié wanverhouding tussen die werklike koste van water en die koste om dit […]