# Die DA in Noordwes het die Portefeuljekomitee oor Ekonomiese Ontwikkeling, die Omgewing, Bewaring en Toerisme versoek om die LUR, Bitsa Lenkopane, te ontbied nadat die provinsie uitgesluit is van Suid-Afrika se G20-toerismebeleggingsberaad. Die DA se woordvoerder, Jóhni Steenkamp, sê terwyl ander provinsies belangrike beleggings kon verseker, het Noordwes moontlike beleggings van een-miljard-rand misgeloop. Die […]
# Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, het in ‘n brief aan die minister van Finansies, Enoch Godongwana, aangedring op totale deursigtigheid oor die raad van die Openbare Beleggingskorporasie. Die woordvoerder van BOSA, Roger Solomons, sê die nuwe nie-uitvoerende direkteure is aangestel sonder enige verduideliking of geen openbare konsultasie nie. Hy sê dit is buitengewoon […]
# Die presidents- en parlementêre verkiesing in Malawi het begin met 17 name op die stembrief. Politieke ontleders verwag dat die wedloop tussen president Lazarus Chakwera en sy voorganger, Peter Mutharika, sal wees. Albei word beskuldig van korrupsie en wanbestuur. Die verkiesing vind plaas terwyl die land worstel met inflasie van meer as 27-persent, ernstige […]
# Sokker: Manchester United staan by sy beleërde afrigter, Ruben Amorim, na die klub se swakste begin in ’n Premierliga-seisoen in 33 jaar. United het Sondag 3-0 teen Manchester City in die Manchester-derby verloor wat beteken hulle het nou twee keer in vier wedstryde verloor en het slegs vier ligapunte. Die klub sê hulle het […]
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa het raadslede ferm opdragte gegee voor die plaaslike regeringsverkiesing volgende jaar. Ramaphosa het gister meer as vierduisend raadslede by die FNB-stadion in Johannesburg, Gauteng, toegespreek en leiers aangespoor om etiek, vaardighede en diens aan die mense bo faksiebelange te plaas. Hy het gewaarsku dat swak leierskap en interne verdeeldheid openbare […]
# Krieket: Die Pakistanse beheerliggaam vra wedstryd-skeidsregter Andy Pycroft moet verwyder word na die Asiëbekerwedstryd teen Indië in Dubai. Dit volg nadat die Indiese spelers geweier het om hand te skud na die kragmeting, wat hulle met sewe paaltjies gewen het. Dit was die eerste wedstryd tussen die twee aartsvyande sedert die vierdaagse militêre konflik […]
# Krieket: Die voormalige kaptein, Kane Williamson, is beskikbaar om vir Nieu-Seeland te speel in die T20-Wêreldbekertoernooi wat in Februarie in Indië en Sri Lanka begin. Die talentvolle kolwer het ‘n informele kontrak onderteken saam met ander ervare spelers soos Devon Conway en Lockie Ferguson. Die 35-jarige Williamson het twee-duisend-575 lopies in 93 T20s vir […]
# Nuwe navorsing deur Cresco beklemtoon veranderings aan Suid-Afrika se gereguleerde elektrisiteitstariewe kan mededinging en beleggings ondermyn, voor die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Groothandel-elektrisiteitsmark in 2026. Dit sluit die Megaflex-grootmaatgebruikerstarief in. Eskom dring aan op ‘n hoër vastekosteverhouding, maar ontleders waarsku dit kan die kragvoorsienier se oorheersing versterk, onafhanklike kragprodusente afskrik en kleiner verbruikers belas. […]