# Die People’s Movement for Change sê president Cyril Ramaphosa se bewering dat die ANC kan leer by munispaliteite wat deur die DA bestuur word, is ‘n belediging vir die inwoners van die Wes-Kaap. Die woordvoerder van die beweging, Zandré Allen, sê as Ramaphosa sy land ken, sal hy weet families in Khayamandi leef steeds in […]
# Die DA waarsku oor die voedingskrisis in Gauteng wat vererger, met 130 kinders onder vyf jaar wat jaarliks weens wanvoeding sterf. Die DA se gesondheidswoordvoerder, Jack Bloom verwys na inligting deur die Departement van Gesondheid in Gauteng wat aandui dat agt-duisend-546 wanvoedingsgevalle verlede jaar behandel is, met ernstige gevalle in hospitale of mobiele klinieke. […]
# Wendy Kaizer-Philander van die DA sê daar is vanaf Augustus vanjaar 43-duisend kinders in die Wes-Kaap in pleegsorg, met 21-duisend wat reeds langer as twee jaar geplaas is. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, en een-duisend maatskaplike werkers en vennootorganisasies, verskaf statutêre dienste, vroeë ingryping en gesinshereniging. Kaizer-Philander sê uitdagings sluit in, die opsporing van […]
# Die Madlanga-kommissie van ondersoek het begin met sy verhore oor misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, is die eerste getuie in die Brigitte Mabandla-justisiekollege in Pretoria. Die getuienisleier, Terry Motau, sê Mkhwanazi se plofbare bewerings sal openlik en onpartydig ondersoek word. Hy voeg by ‘n konsepverslag word […]
# Sestien ministers van Buitelandse Sake het kommer uitgespreek oor die veiligheid van die Global Sumud-flottielje wat hulp aan Gaza neem. Die flottielje wil bewustheid verhoog vir dringende humanitêre behoeftes in Gaza en die beeïndiging van die oorlog. Die ministers van Suid-Afrika, Bangladesj, Brasilië, Colombia, Indonesië, Ierland, Libië, Maleisië, Maledive, Mexiko, Pakistan, Katar, Oman, Slowenië, […]
# Statistieke Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersprysinflasie het in Augustus tot 3,3-persent verlangsaam, minder as die 3,5-persent in Julie. Die hoofdirekteur van prys-statistieke, Patrick Kelly, sê laer voedsel- en brandstofpryse het gehelp om die koers te verlaag. Jaarlikse inflasie vir voedsel en nie-alkoholiese drankies het tot 5,2-persent gedaal en brandstof het met 5,7-persent gedaal. Intussen […]
# Rugby: Springbok coach Rassie Erasmus named most of the players who were members of the squad that beat New Zealand last weekend in his squad for their closing two Rugby Championship matches against Argentina in Durban and London. The squad will assemble in Durban tomorrow after having a few days off with their families. […]
# Die regterlike kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel onder die voorsitterskap van afgetrede Regter Mbuyiseli Madlanga, begin vandag met sy werk in Pretoria. Die DA-lid, Lisa Schickerling, sê die KwaZulu-Natalse provinsiale polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het bewerings geopper oor politici wat by die polisie inmeng en die publiek se […]
# Die woordvoerder van die MK-party in Gauteng, Abel Tau het die Madlanga-kommissie as blootgestel beskryf, voor hul hofaansoek oor die kommissie môre. Tau het in Pretoria kritiek uitgespreek oor die 147-miljoen-rand-begroting, en beweer dit is daar om die politieke elite te beskerm. Tau voer aan ‘n hof sou aanspreeklikheid verseker, ook vir die geskorste […]