# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Hamas daarvan beskuldig dat hy die wapenstilstandooreenkoms in Gaza skend deur die oorskot van ‘n gyselaar te oorhandig wat soldate reeds byna twee jaar gelede gevind het. Hy waarsku Israel sal reageer nadat hy die volgende stappe met sy Weermaghoofde bespreek het. Dit verhoog vrese oor die […]
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het Suid-Afrikaanse mans versoek om te verenig en jong mans te mentor oor aanspreeklikheid en respek vir vroue. Makaneta het ná die moord op twee vroue in Mamelodi gesê skole kan nie alleen hierdie verantwoordelikheid dra nie. Makaneta het die stigting van mansforums in elke gemeenskap aangemoedig om konflikresolusie en […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bewerings oor bestuursmislukkings, finansiële wanbestuur en uitvoerende wangedrag verwerp en noem dit ongegrond. Volgens die diens is vertragings met die verkryging van ‘n nuwe hoëprestasie-rekenaarstelsel te wyte aan die streng nakoming van verkrygingswette. Volgens woordvoerder, Oupa Segalwe, is deeglike toesig, eerlikheidsoorsigte en gebeurlikheidsplanne ingestel, terwyl ‘n zero-toleransie benadering tot bedrog […]
# Rugby: George Ford has won the race to be England’s starting fly-half against Australia at Twickenham on Saturday. Fin Smith is on the bench and Marcus Smith was omitted from coach Steve Borthwick’s matchday-23 entirely. Ford, a veteran of 102 Tests for England, will continue in the number 10 shirt he wore throughout the […]
# Die Tsakane-streekhof in Gauteng het ‘n 47-jarige man vier lewenslange vonisse opgelê vir die herhaaldelike verkragting van ‘n 13-jarige meisie tussen 2015 en 2016. Die slagoffer, wat in daardie stadium behandeling vir kanker ontvang het, is swanger en MIV-positief gelaat. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die man het geen berou getoon nie […]
# Die polisie se senior forensiese ontleder, Meldon Mkhatshwa, sê vroeë ballistiese verslae in die moordsaak van die ingenieur Armand Swart bevat verskeie foute. Dit sluit in verkeerde saaknommers, foutiewe datums en verwarring tussen patrone en patroondoppies. Mkhatshwa het aan die Madlanga-kommissie verduidelik hoe hy die bewyse noukeurig nagegaan en behoorlik vergelyk het en sê […]
# ‘n Kubaanse dokter het in Thabazimbi se Landdroshof verskyn op aanklag van diefstal van medisyne uit die Thabazimbi-hospitaal in Limpopo, en is op waarskuwing vrygelaat. Yamilet Castaneda is na bewering op 2 September tydens ‘n roetine-deursoeking betrap met ongemagtigde medisyne ter waarde van een-duisend-780-rand. Mashudu Malabi van die Nasionale Vervolgingsgesag waarsku teen sulke misdadige […]
# Die SA Rietkwekers het Shesha bekendgestel, die wêreld se eerste energiedrankie gemaak van vars, natuurlike suikerrietsap. Shesha, wat in KwaZulu-Natal vervaardig en verpak word, is natuurlik versoet en bevat 50-persent minder kafeïen as ander energiedrankies. Die inisiatief, gelei deur die SA Rietkwekers en Womoba, beoog om werksgeleenthede te skep en landelike ekonomieë in KwaZulu-Natal […]
# Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, sê die geskorste minister, Senzo Mchunu, het tyd benodig om vertroud te raak met die ministerie en sal sy volle ondersteuning ontvang, sowel as dié van ‘n regskenner en ervare adjunkte. Mathale het voor die Parlement se ad hoc-komitee ook bevestig Mchunu is ingelig rondom die regulatoriese strukture: