# Die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die politieke moord-taakspan te ontbind, was irrasioneel en buitengewoon en is geneem sonder enige raadpleging. Mkhwanazi het aan die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria gesê die besluit het ernstige gevolge gehad, met 121 dossiere wat aan gewone speurders oorhandig […]
# Mbekezeli Benjamin van Judges Matter sê die MK-party se regsgeding oor die wettigheid van die Madlanga-kommissie van ondersoek is ongegrond. Die kommissie het gister begin met die ondersoek na bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Die bewerings sluit in politieke inmenging en misdaadsindikate se infiltrasie van wetstoepassing en die regbank. Benjamin het in […]
# Atletiek: Die wêreldrekordhouer in die 400-meter, Wayde van Niekerk, en sy Suid-Afrikaanse landgenoot Sinesipho Dambile neem vanmiddag deel aan die halfeindronde van die 200-meter op die wêreldkampioenskap in Tokio, Japan. Van Niekerk, wat tydens verlede jaar se Olimpiese Spele in Parys na die korter wedloop oorgeskakel het, het tweede gekom in sy uitdun terwyl […]
# Vyf Weermaglede en twee ongedokumenteerde Zimbabwiërs sal vandag in Musina se Landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van die vermeende diefstal van ‘n besending onwettige sigarette naby die Limpopo-rivier. Skote is volgens berigte afgevuur, wat die smokkelaars gedwing het om die 24 kartonbokse te laat vaar. Ses bokse is later in ‘n tydelike militêre […]
# Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, glo kaptein Pat Cummins, sal fiks wees om ‘n belangrike rol te speel in die reeks om die As teen Engeland. Die snelbouler herstel steeds van ‘n laerug-besering, maar McDonald sê hy behoort gereed te wees om minstens in sommige van die vyf toetse te speel. Hy sê […]
# Krieket: Die Protea-kolwer Dewald Brevis sê die reuse-koopprys wat hy in die SA20 losgeslaan het, gaan hom nie verander nie en hy gaan steeds op die veld om homself te geniet. Pretoria Capitals het die 22-jarige gekoop vir ‘n allemintige 16,5-miljoen-rand gedurende verlede week se spelersveiling nadat hy die eerste drie seisoene vir die […]
# Russia’s Vladimir Putin and India’s Narendra Modi hailed their friendship and warm relations, holding a phone call despite pressure from Washington over growing economic ties between the two. US President Donald Trump has bumped up tariffs on India, which has become a major purchaser of Russian oil, with Western sanctions imposed on Moscow over […]
# Die DA in Gauteng het sy kommer uitgespreek oor foutiewe luggehaltemoniteringstasies wat die gesondheid van inwoners in gevaar stel. Slegs 13 van die 31 stasies is in volle werking terwyl agt stasies tussen 500-duisend-rand en 800-duisend-rand per kwartaal benodig vir herstelwerk. Leanne de Jager van die DA sê tien stasies is sedert 2015 dormant […]
# Die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê die taakmag wat politieke moorde ondersoek het ongekende sukses behaal met hoë opsporings- en skuldigbevindingkoerse, en het later sy bedrywighede na die Oos-Kaap uitgebrei. Mkhwanazi het aan die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria verduidelik die eenheid is geherstruktureer in 2018 as ‘n nasionaal-geïntegreerde span met 139 polisielede en […]