# Die openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, het haar kantoor se 30-jarige herdenkingskonferensie in Kaapstad geopen. Die vierdaagse geleentheid vier die instelling se rol in die versterking van Suid-Afrika se demokrasie sedert 1995. Gcaleka moedig afgevaardigdes aan om na te dink oor die beskerming van menseregte, die handhawing van die wet en die behoud van grondwetlike […]
# Die presidensie het bewerings ontken dat president Cyril Ramaphosa die sakeman Hangwani Maumela se drieverdieping-herehuis in Sandhurst, Sandton besoek het. Dit volg na ‘n video wat soos ‘n veldbrand vesprei het wat Ramaphosa buite die eiendom wys, wat onlangs deur die Spesiale Ondersoekeenheid deursoek is. Maumela word ondersoek vir ‘n Tembisa-hospitaal-tenderskandaal van 820-miljoen-rand. Die […]
# Krieket: Die Protea-vroue jaag ‘n wenteiken van 233 in hul Wêreldbeker-wedstryd teen Bangladesj in Visakhapatnam, Indië. Bangladesj het stadig begin nadat hulle die loot gewen het en besluit het om te kolf, maar het die tempo verhoog om 232 lopies vir ses paaltjies in hulle 50 boulbeurte aan te teken. Sharmin Akhter het 50 […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, prys die blywende vennootskap tussen Amerika en Israel en sê die twee nasies het hande gevat teen die bose. Hy het in Jerusalem die suksesvolle terugkeer van die laaste Israelse gyselaars geprys. Trump sê Israel en Amerika het saamgestaan deur die oorwinnings sowel as die ontberings en beloof ‘n […]
# Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, sê die taakspan vir politieke moorde het ‘n bisarre rapportering-struktuur gehad wat sy gesag beperk het. Hy is die derde getuie voor die Parlement se ad hoc-komitee wat die bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek, na plofbare bewerings wat hom met die eenheid se […]
# Die UDM verwelkom die groeiende erkenning dat Suid-Afrika nie meer rou minerale moet uitvoer nie. Adjunkpresident Nqabayomzi Kwankwa sê veredeling is die sleutel tot werk, vaardighede en nywerheids-groei, maar waarsku dit vereis betroubare elektrisiteit, moderne spoorweë en sterk infrastruktuur. Die party versoek meetbare veredelingsteikens, aansporings vir plaaslike verwerking, ‘n gemeenskap wat deel in die […]
# Rugby: Die Bulle sal sonder die Springbokke Handré Pollard en Wilco Louw moet klaarkom in Vrydag se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Connacht in Galway, Ierland. Pollard keer terug huis toe vir die geboorte van sy tweede kind, terwyl Louw die span verlaat verlaat ingevolge ‘n ooreenkoms met die nasionale span. Daarbenewens is die heelagter Devin […]
# Krieket: Suid-Afrika het ‘n agterstand van 172 lopies in sy eerste kolfbeurt teen Pakistan op die tweede dag van die eerste toets in Lahore. Die tuisspan het vanoggend hulle beurt hervat op 313 vir vyf, maar het die laaste vyf paaltjies vir net 65 lopies verloor. Imam-ul-Haq en Salman Agha het albei 93 lopies […]
# Nuwe navorsing deur die Buro vir Ekonomiese Navorsing en die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid dui aan dat Suid-Afrika nie angstig moet raak oor die 30-persent verhoging in Amerikaanse tariewe nie. Terwyl ongeveer 20-persent van ondernemings geraak word, ly slegs ‘n klein gedeelte groot inkomsteverliese. Die meeste groot nywerhede, insluitend pluimvee, mielies, beeste, melk […]