# Die Hooggeregshof in Pietermaritzburg sal op 30 Oktober uitspraak lewer in die heropende geregtelike ondersoek na die dood van die voormalige president van die ANC, hoofman Albert Luthuli, in 1967. Die staat het in sy slotbetoog teenstrydighede in die oorspronklike ondersoek uitgelig en die hof gevra om te beslis dat Luthuli vermoor is. Natasha […]
# Die Hooggeregshof in Mbombela, Mpumalanga, het ‘n Mosambiekse vrou, Clara Masinga, tot 23-jaar tronkstraf gevonnis vir die moord met voorbedagte rade op haar elfjarige stiefdogter, Jennifer Gumbi. Masinga het in 2015 die kind se roomys vergiftig as vergelding teen haar ma. Die hof het die grusaamheid van die misdaad beklemtoon en gesinsgeweld veroordeel. Die […]
# ‘n Advokaat wat van die rol geskrap is, Malesela Teffo, het aangedui hy wil as vriend van die hof aansluit by die borgtoghersiening teen die hoof van die polisie se misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo en twee medebeskuldigdes. Teffo beweer die beskuldigdes is gevaarlik en betrokke by sy tronkstraf. Khumalo en sy medebeskuldigdes versoek versagtende borgtogvoorwaardes […]
# Die voormalige bevelvoerder van Vlakplaas, Eugene de Kock, sal nie in die geregtelike ondersoek na die dood van die Cradock Vier getuig nie weens swak gesondheid. Die Hooggeregshof in Gqeberha het sy verhoor hervat na die moord op die anti-apartheidsaktiviste Matthew Goniwe, Fort Calata, Sicelo Mhlauli en Sparrow Mkhonto in 1985. Hul verkoolde liggame […]
# President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel betuig met die regering en mense van Kenia na die afsterwe van voormalige eerste minister Raila Odinga op die ouderdom van 80. Odinga is oorlede terwyl hyin Indië was vir mediese behandeling. Ramaphosa beskryf Odinga as ‘n patriotiese en onselfsugtige leier wat verbind was tot Kenia se ontwikkeling […]
# Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het ‘n hersieningsaansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien nadat landdros Vusumuzi Mahlangu homself onttrek het aan die saak oor Misdaadintelligensie-baas Dumisani Khumalo en twee ander senior polisiebeamptes. Mahlangu het bedank na bewerings teen die regbank voor die Madlanga-kommissie. ‘n Woordvoerder vir die direktoraat, Henry Mamothame, sê die Pretoria Streekshof […]
# AfriForum het die minister van Vervoer, Barbara Creecy, daarvan beskuldig dat sy die publiek mislei het nadat sy bevestig het dat betaling vir tydelike rybewyse steeds van toepassing is ten spyte van haar belofte om dit af te skaf. Die Padverkeersbestuurskorporasie het bevestig dat die 72-rand fooi steeds van krag is, wat teenstrydig is […]
# Die omstrede sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi, het die Madlanga-kommissie om uitstel gevra om te reageer op bewerings van korrupsie, politieke inmenging en misdadige bande. Die sperdatum van vyf-dae op sy Reël 3-kennisgewing verstryk hierdie week. SABC News berig Mogotsi sê hy benodig meer tyd om sy regspan te raadpleeg, wat eers Vrydag beskikbaar […]
# Die gehalteversekeringsliggaam, Umalusi, sê hulle sal nie meer toesig hou of sertifikate uitreik vir die Nasionale Sertifikaat-Beroepsopleidingsvlak twee en drie eksamens nie. Dit volg op ‘n voorskrif in die staatskoerant van Julie vanjaar, wat verantwoordelikheid vir hierdie eksamens na die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding oordra. Die uitvoerende hoof van Umalusi, Mafu Rakometsi, […]