# Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê hy het nie sy kabinetskollegas geraadpleeg voor hy opdrag gegee het vir die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde nie. Volgens Mchunu het veiligheidskwessies wat deur verklikkers geopper is, hom verhinder om die saak regstreeks met die betrokke beamptes […]
# President Cyril Ramaphosa sê die sewende Maatskaplike Geregtigheidsberaad, met die tema “Maatskaplike Geregtigheid, Voedselsekerheid en Vrede”, kom op ‘n kritieke tyd. Ramaphosa het dit by die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Maatskaplike Geregtigheid beskryf as ‘n proses wat billike welvaart- en geleentheidsverdeling verseker. Hy sê die tema van die beraad stem ooreen met Suid-Afrika […]
# Die Shoprite-groep het ‘n effense verbetering in Suid-Afrika se voedselsekerheid vir die jaar gerapporteer. Volgens sy onafhanklik-saamgestelde Suid-Afrikaanse voedselsekerheidsindeks het dit landwyd tot 56,4 punte gestyg, teenoor 44,9 punte verlede jaar. Terwyl die meeste provinsies winste aangeteken het, het die Oos-Kaap agtergebly, en huishoudings met vroue aan die hoof bly meer kwesbaar. Sanjeev Raghubir […]
# Die DA het sy diepe kommer uitgespreek oor president Cyril Ramaphosa se skorsing van die Inspekteur-Generaal van Intelligensie, Imtiaz Fazel. Die party sê die stap kom te midde van toenemende bewyse van politieke inmenging en korrupsie binne veiligheidstrukture. Dianne Kohler Barnard van die DA waarsku dat Fazel se skorsing, tesame met aanvalle op ander […]
# Krieket: Die Protea-vroue speel vandag teen die mede-gasvrou, Sri Lanka, in ‘n Wêreldbeker-groepwedstryd in Colombo. Suid-Afrika is tans derde op die punteleer na agtereenvolgende oorwinnings oor Nieu-Seeland, Indië en Bangladesj nadat hulle die openingswedstryd teen Engeland verloor het. Engeland is boaan die punteleer na drie oorwinnings en Woensdag se onbesliste uitslag teen Pakistan. Die […]
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê die storting van fondse in ‘n enkele polisie-eenheid sal nie bendegeweld op die Kaapse Vlakte in Kaapstad oplos nie. Mchunu het die eerste keer voor die komitee verskyn om sy weergawe te gee in die voortgesette ondersoek na politieke inmenging […]
# ‘n Voormalige West Ham-sokkerspeler, Said Benrahma, is met meer as 280-duisend-rand beboet vir die besit van gevaarlike honde wat ‘n goue apporteerhond aangeval het. Die Algerynse internasionale speler het skuldig gepleit in die “baie ontstellende” voorval in Julie 2023, waartydens sy XL-boelies ‘n goue apporteerhond gejaag en aangeval het. Benrahma het erken dat hy […]
# AfriForum het die Gautengse Onderwysdepartement verordeel vir die vermindering van subsidies en die besnoeiing van departementele poste by kwintiel 5-skole. In ‘n brief aan LUR Matome Chiloane dring AfriForum aan op groter outonomie vir finansieel onafhanklike skole. Die hoof van Kultuursake, Alana Bailey, het gewaarsku dat die besnoeiings die gehalte van onderwys sal benadeel, […]
# Rugby: SA Rugby beplan ‘n elite-, volledige beroepskompetisie vir vroue volgende jaar. SARU se president, Mark Alexander, sê dit volg op die Springbok-vroue se puik vertoning op die die Wêreldbekertoernooi in Engeland, waar hulle die heel eerste keer die kwarteindronde gehaal het. Hy sê die potensiaal vir groei in die vrouespel in die land […]