# Sokker: Die veteraan-doelskieter Jenni Hermoso keer terug na Spanje se nasionale groep vir Donderdag se eerste wedstryd in die Nasiesliga-halfeindstryd teen Swede in Malaga. Die 35-jarige, Spanje se voorste doelskieter met 57 doele, het ‘n jaar laas internasionale sokker gespeel en is uit die voormalige afrigter Montse Tomé se span gelaat. Tomé het in […]
#Krieket: Die Suid-Afrikaans-gebore Marnus Labuschagne het die beseerde veelsydige speler, Cameron Green, in Australië se groep vir die eendagreeks teen Indië vervang. Hy is aanvanklik weggelaat, maar het beïndruk met vier honderdtalle in vyf plaaslike beurte, insluitend in eendagwedstryde. Die reeks van drie wedstryde begin vandag in Perth. Die Indiese kolfhelde, Virat Kohli en Rohit […]
# Tennis: Die Serwiese veteraan Novak Djokovic beplan geensins om af te tree nie en sê atlete soos LeBron James, Tom Brady en Cristiano Ronaldo inspireer hom om sy loopbaan te verleng. Die 38-jarige het pas in skoon stelle verloor teen die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner van Italië, in die Six Kings Slam in Saoedi-Arabië, en […]
# ‘n Taiwanese lugredery het om verskoning gevra nadat hulle dokumente aangevra het van ‘n werknemer wat reeds dood is. ‘n Vier-en-dertigjarige lugwaardin van Eva Air is in die hospitaal dood nadat sy tydens ‘n vlug siek geword het. Die lugredery het ‘n boodskap na haar foon gestuur waarin hulle vra vir dokumente wat bewys […]
# Die DA sê die Wes-Kaapse regering is besig om sy maatreëls te verskerp vir die beskerming van amptenare te midde van toenemende kapings van staatsvoertuie. Die departemente van Gesondheid, Maatskaplike Ontwikkeling en Onderwys was van April 2022 tot verlede maand die meeste geteiken, met byna 95-persent van die voorvalle wat gewelddadig was. Nomafrench Mbombo […]
# ‘n Geel vlak twee-waarskuwing is vandag vir Noordwes uitgereik, met swaar reën wat tot oorstromings kan lei. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê verspreide buie en donderbuie word die naweek oor die sentrale binneland, Vrystaat en Noord-Kaap verwag, terwyl die Wes-Kaap en ander suidelike en westelike gebiede waarskynlik droog en warm sal bly. Inwoners in die […]
# Kenia se president, William Ruto, het hulde gebring aan voormalige premier Raila Odinga en hom ‘n sagmoedige siel en die stem van rede genoem. Duisende rouklaers het by die Nyayo Nasionale Stadion in Nairobi bymekaargekom vir Odinga se staatsbegrafnis, gekenmerk deur militêre eerbewyse en streng sekerheidsmaatreëls nadat drie mense dood is in gister se […]
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het verslae van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging en FIFA aangevra nadat Bafana Bafana gestraf is omdat hulle ‘n ongeskikte speler in die wedstryd teen Lesotho gebruik het. McKenzie het Suid-Afrika se oorwinning van 3-0 oor Rwanda en kwalifisering vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi verwelkom, maar […]
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê president Cyril Ramaphosa het saamgestem met die besluit om die taakspan vir politieke moorde te ontbind. Hierdie verklaring weerspreek bewerings deur die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, wat voorheen kommer uitgespreek het oor politieke inmenging in die sluiting van die […]