# Die burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid in Johannesburg, Mgcini Tshwaku, het sy verontwaardiging uitgespreek oor die Bekkersdal-polisie se onregmatige inhegtenisneming van vyf lede van die taktiese reaksie-eenheid van die Johannesburgse metropolisie en twee voertuigherwinningsbeamptes. Die beamptes is aangehou tydens ‘n wettige voertuigherwinningoperasie wat verbind is aan ‘n beweerde onwettige mynboubaas. Tshwaku sê die arrestasies ondermyn […]
# Die ANC en COSATU hou ‘n bilaterale vergadering by COSATU-huis in Braamfontein, Johannesburg, om hul alliansie te versterk en werkers se bekommernisse te bespreek. Die ANC sal sy ekonomiese aksieplan vir terugvoer voorlê. COSATU se woordvoerder, Matthew Parks, sê gesprekke sal fokus op die verbetering van werkers se regte, dienslewering en werkskepping. Hy sê […]
# Die voorsitter van CODETA in die Wes-Kaap, Nceba Enge, het die heropening van belangrike taxiroetes bevestig, ná voortgesette beleidsbesprekings met CATA en die regering. Die roetes, insluitend Nomzamo tot Somerset-Wes, Khayelitsha tot Somerset-Wes, en Umfuleni, was vir meer as 30 dae gesluit weens gewelddadige botsings. Enge het met SABC News gepraat en die resolusie […]
# Die DA het die Gautengse Gesondheidsdepartement beskuldig dat hy bykans 20-miljoen-rand gemors het om ‘n muur te bou by die nuwe Boitumelo-kliniek, terwyl die bestaande gerief in puin lê. Die DA se kiesafdelingshoof vir Emfuleni-Noord, Kingsol Chabalala, sê die projek, wat 15-jaar gelede begin het, toon geen sigbare kliniek-infrastruktuur nie. Hy eis ‘n onafhanklike […]
# ‘n Wêreldwye onderbreking het die Amerikaanse tegnologie-reus Amazon se wolkdienste vir ‘n aantal ure getref. Talle webwerwe en dienste is ontwrig, insluitend Amazon Prime, Perplexity, Fortnite, Alexa, Snapchat en Duolingo. Amazon se instandhoudingsmaatskappy sê die probleem is na sowat drie uur grootliks opgelos, met sommige dienste wat nog werk om die agterstand uit te […]
# Die DA sê die huidige Swart Ekonomiese Bemagtigingsmodel het ‘n kerndrywer vir korrupsie geword. Die party sê Suid-Afrikaners sien dit in die grootskaalse plundering van ongeveer twee-miljard-rand uit die Tembisa-hospitaal, en die moord op die Stad Ekurhuleni se hoofouditeur, Mpho Mafole, na bewering oor ‘n tender vir chemiese toilette van 1,8-miljard-rand. Mat Cuthbert van […]
# Drie getuies sal vanuit skuilplekke getuig terwyl die Madlanga-kommissie voortgaan met sy ondersoek na politieke belange in wetstoepassing en kartelle in Gauteng. Die getuienisleier, Mahlape Sello, sê getuies A, B en C is polisiebeamptes wat georganiseerde misdaadnetwerke ondersoek en sal na verwagting belangrike besonderhede oor voortgesette moord- en korrupsie-ondersoeke openbaar. Sello voeg by hul […]
# Cricket: England punished some lax New Zealand fielding to win the second T20 international by 65 runs in Christchurch. After the opening match was washed out, the visitors raced to a mammoth 236 for four from their 20 overs after the Black Caps won the toss and elected to field at Hagley Oval. England […]
# Die DA het die Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal van stapel gestuur wat daarop gemik is om swart ekonomiese bemagtiging te vervang. Die party sê sedert SEB in 2003 ingestel is, het die ANC staatshulpbronne gebruik om sy sakke te vul in plaas daarvan om broodnodige dienste en opheffing aan die mense te […]