# United Nations rights experts has warned that the United States’ covert actions and threats of using armed force against Caracas violate Venezuela’s sovereignty and the UN Charter. US President Donald Trump has waged a military campaign that he says is aimed at choking the flow of drugs from Latin America to the United States. […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die polisie in Sophiatown ondersoek ‘n bendeverwante skietery in Westbury waarin ses tieners geskiet is. Twee slagoffers is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar en vier ander, tussen 14- en 19-jaar-oud, ontvang mediese behandeling. Voorlopige verslae dui aan drie verdagtes van ‘n ander bende het op die groep losgebrand. Die Provinsiale Anti-Bende-Eenheid […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, sê die matriek-eindeksamen het gladweg begin in alle distrikte, sonder groot ontwrigtings. Meer as 16-duisend-900 kandidate het die Rekenaartoepassingstegnologie Vraestel-een afgelê. Vier sentrums het geringe krag- of tegniese probleme aangemeld, maar vinnige ingrypings is ingestel, insluitend kragopwekker- en sonkrag-rugsteunstelsels om te verseker die eksamen gaan sonder vertragings […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Getuie A sê lede van die Valke het probeer inmeng tydens die inhegtenisneming van Katiso “KT” Molefe by sy huis in Sandhurst, Johannesburg, in Desember verlede jaar. Hy het aan die Madlanga-kommissie gesê ‘n polisie-helikopter het tien minute oor die huis gehang om die operasie te probeer verhoed. Getuie A sê ene kaptein Kruger […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# President Cyril Ramaphosa het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, as waarnemende president aangestel van vandag af tot Sondag. Ramaphosa is op ‘n internasionale reis, wat besoeke aan Indonesië, Viëtnam en Maleisië insluit, waar hy ook ‘n ASEAN-beraad sal bywoon. Adjunkpresident Paul Mashatile is gedurende hierdie tydperk met verlof. Die reise is gemik op […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het aan die Parlement gesê hy sal nie kommentaar lewer oor die huidige stand van die taakspan vir politieke moorde nie, aangesien hy nie meer die amp beklee nie. Hy sê riglyne wat hy in Desember 2024 uitgereik het, is steeds onder bespreking en die taakspan is […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut het bewerings op sosiale media verwerp, dat die Pretoriase dieretuin dringend kos vir sy diere benodig. Die instituut het verduidelik die gerugte het begin toe ‘n inwoner van Tshwane aangebied het om takke te skenk, wat verkeerdelik verstaan is as ‘n noodberoep. Die dieretuin bevestig daar is voldoende kos vir […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die DA sê hy is reg bewys nadat die hoof van die Gautengse Gesondheidsdepartement, Lesiba Malotana, as ‘n hoë risiko uitgewys is in ‘n leefstyloudit deur die Spesiale Ondersoekeenheid. LUR Faith Mazibuko het die bevindinge vandag in die wetgewer bekend gemaak. Jack Bloom van die DA het premier Panyaza Lesufi gekritiseer vir Malotana se […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Soil of Africa burgerlike beweging sê die Stad Tshwane bestee te veel aan watertenkers in plaas daarvan om krane en sanitasie in arm gebiede reg te maak. Hy sê 450-miljoen-rand per jaar word op tenkers bestee, terwyl duisende huishoudings in agtergeblewe gebiede steeds nie krane en behoorlike sanitasie het nie. Bongani Ramontja van […]