# Rugby: Die vleuel Makazole Mapimpi sal die Springbokke se jaareind-toer misloop weens sy skorsing van vyf wedstryde vir vuilspel tydens die Haaie se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Ulster in Durban. Hy was op afrigter Rassie Erasmus se bystandlys vir die toer van vyf toetse in die noordelike halfrond, wat volgende Saterdag in Londen teen Japan […]
# Krieket: Suid-Afrika het die oorhand gehad op die derde dag van die laaste toets teen Pakistan in Rawalpindi. Die Proteas het swak begin toe hulle vier vroeë paaltjies verloor het met ‘n eerstebeurt-agterstand van 98, maar die boulers Senuran Muthusamy, Keshav Maharaj en Kagiso Rabadi het die wa deur die drif getrek om hulle […]
# Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Nomalungelo Gina, het die privaatsektor versoek om internskapgeleenthede vir jong gegradueerdes uit te brei en waarsku jeugwerkloosheid in Suid-Afrika is ‘n nasionale noodtoestand. Gina het gepraat tydens ‘n geleentheid om die 20-jarige bestaan van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se Nagraadse Internskapprogram te vier, waar meer as […]
# Ukrainian President Volodymyr Zelensky is backing US leader Donald Trump’s proposal to make the current front line the basis for negotiations with Russia, but doubted his Russian counterpart Vladimir Putin would accept it. Efforts to bring an end to Russia’s full-scale invasion of Ukraine, launched in 2022, appear to have once again hit a […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het ernstige kommer uitgespreek oor burgerlikes se onwettige gebruik van sy gepatenteerde kamoefleerdrag wanneer hulle misdade pleeg. Hy bevestig dat ‘n video wat wys hoe mense in Weermag-kamoeflering gemeenskappe besteel en terroriseer, nie gemagtig is om die uniform te dra nie. Woordvoerder Prince Tshabalala het die publiek en klerevervaardigers versoek […]
# Sokker: Liverpool se mediaspan het Suid-Afrikaners opgewonde gemaak met ‘n Kaapstad-geïnspireerde illustrasie wat spelers aandui wat in ‘n Toyota Quantum op pad na Anfield is. Die plasing beeld kaptein Virgil van Dijk, doelskieter Hugo Ekitike, middelveldspelers Ryan Gravenberch en Dominik Szoboszlai, en die nuutgekontrakteerde doelskieter Alexander Isak uit. Dit wys Tafelberg en ‘n plaaslike […]
# Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die tweedaagse Provinsiale Beleggingskonferensie by Durban se Internasionale konferensiesentrum is daarop gemik om beleggers te lok om die groei van die provinsiale ekonomie aan te wakker. Die geleentheid, wat deur die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling aangebied word, bring plaaslike en internasionale beleggers bymekaar vir uitstallings en omvattende […]
# Die dierewelsynsorganisasie Blood Lions is diep bekommerd nadat nog ‘n leeu ontsnap het terwyl hy per pad vervoer is. Die dier was van die Vrystaat onderweg na Nietverdiend in die Ramotshere Moiloa Munisipaliteit. Owerhede in Noordwes het bevestig die leeu is veilig gevang. Stephanie Klarmann van die organisasie sê die voorval stel die voortdurende […]
# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling sê hy is geraak deur ‘n wêreldwye Windows 11-stelselfout na ‘n onlangse Microsoft-opdatering. Die departement sê dit is ‘n wydverspreide probleem wat talle organisasies wêreldwyd beïnvloed en gelei het tot stelselfoute en operasionele ontwrigtings in verskeie omgewings. Woordvoerder Samuel Modipane sê hoewel die saak buite die verantwoordelikheid […]