# Die EFF herdenk vandag saam met die vasteland frika Voedsel- en Voedingsekerheidsdag. Die party sê hierdie dag is ‘n ernstige herinnering dat Afrika as ‘n vasteland ryk aan grond, water en mense, steeds te kampe het met hongerte, wanvoeding en voedselonsekerheid, nie omdat daar ‘n tekort is nie, maar weens onteiening, ongelykheid en onderontwikkeling […]
# Krieket: Die reeks van vyf toetse teen Indië het nie Krieket Australië se finansiële probleme verlig nie. Die beheerliggaam het ‘n netto-verlies van meer as 124-miljoen-rand vir die vorige boekjaar aangekondig. Dit is steeds heelwat minder as die vorige jaar. Krieket Victoria se voorsitter, Ross Hepburn, het die nasionale liggaam tydens vandag se jaarvergadering […]
# Die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovering en die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad het nog ‘n belangrike stap gedoen in die bevordering van genomiese en presisie-geneeskundige navorsing. Adjunkdirekteur-generaal Kenny Tenza sê hulle werk sedert 2016 saam aan die ontwikkeling van ‘n nasionale navorsings- en vernuwingsprogram vir presisie-geneeskunde deur die Strategiese Gesondheids-vernuwmingsvennootskappe. Hy sê die samewerking […]
#Getuie C sê die sakeman Vusimusi “Cat” Matlala het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, om hulp gevra na ‘n polisieklopjag op sy huis in Pretoria in Desember verlede jaar, terwyl hulle na die ontvoerde sakeman Jerry Boshoga gesoek het. Getuie C het voor die Madlanga-kommissie gesê Matlala het Mchunu gevra om in te gryp […]
# Getuie C het aan die Madlanga-kommissie vertel die tenderpreneur Vusimusi “Cat” Matlala beweer hy het ongeveer 500-duisend-rand betaal vir die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se veldtog vir die ANC-presidentskap. Hy sê Matlala het na bewering betalings deur die sakeman Brown Mogotsi gedoen om die vlugte en verblyf vir die ANC-vieringe op 8 Januarie […]
# Die president van die MK-party, Jacob Zuma, lei ‘n hoëvlak-afvaardiging na Burkina Faso om diplomatieke en politieke bande in Afrika te versterk. Zuma sal president Ibrahim Traoré ontmoet om pan-Afrika samewerking, ekonomiese ontwikkeling en weerstand teen neokoloniale invloed te bespreek. Hy het Burkina Faso geprys oor sy dapper stappe in die rigting van ware […]
# Die parlementêre ad hoc-komitee wat korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, kan moontlik sy sperdatum van 28 November misloop. Voorsitter Soviet Lekganyane sê meer as 250 voorleggings moet nog hersien word. Getuienisleier Norman Arendse sê sommige getuies sal skriftelike verklarings indien, terwyl ander, insluitend die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, steeds nie beskikbaar is nie […]
# US President Donald Trump and Chinese president Xi Jinping agreed to calm the trade war between their countries that has roiled global markets. Washington will cut some tariffs and Beijing committed to keep supplies of critical rare earths flowing. Trump called his first meeting with Xi in six years a “great success”, while the […]
# ActionSA sê sy voorgestelde grondwetlike wysiging om adjunkministers af te skaf, is weer in die Parlement geldig bewys. Matthew George van die party sê tydens die Parlementêre ad hoc-komitee se sitting Dinsdag het die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, erken dat geen verantwoordelikhede gedurende die afgelope aan hom jaar toegeken is nie en dat […]