# Die regering versoek alle burgers om uiters versigtig te wees en brande in plakkershutte, wat dikwels lei tot ernstige beserings of lewensverlies, te voorkom. Brande in informele nedersettings word gereeld veroorsaak deur oop vlamme en die gebruik van elektrisiteitsverbindings wat oorlaai of onwettig is. Die regering se woordvoerder, Nonkululeko Mtshali, sê gemeenskappe word aangemoedig […]
# Bajabulile Swazi Tshabalala van Suid-Afrika is aan die vooraand van die presidensiële verkiesing van die Afrika-Ontwikkelingsbank in Abidjan, Ivoorkus vol vertroue dat sy as hoof van die bank verkies sal word. Sy het meer as 30 jaar ondervinding in finansies en ontwikkeling en het as die bank se senior adjunkpresident en hoof- finansiële beampte […]
# Die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, is op spesiale verlof geplaas. Hy word beskuldig van sy betrokkenheid by ‘n omstrede huurooreenkoms ter waarde van 79-miljoen-rand vir kantore vir die fonds in Johannesburg, Gauteng. Die raad sê die stap is onmiddellik ingestel as ‘n voorsorgmaatreël, maar impliseer nie ‘n oortreding nie. Die Spesiale […]
# Die EFF neem kennis dat die Parlement se Portefeuljekomitee oor Vervoer, die agendapunt oor die herroeping van die die Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Lugdiens teruggetrek het nadat die SAL-Takatso-ooreenkoms beëindig is. Die party veroordeel die terugtrekking en noem dit ‘n poging om aanspreeklikheid te vermy en verdere ondersoeke te stop, wat dui op ‘n […]
# Die Openbare Beskermer het ‘n ondersoek van stapel gestuur na tenders van miljoene rand wat toegeken is aan ‘n onderneming wat voorheen behoort het aan Tshwane se onderburgemeester en streekvoorsitter van die ANC, Eugene Modise. News24 berig die DA het die ondersoek aangevra en beweer dat hy steeds voordeel trek uit Triotic Protection Services, […]
# Amerika oorweeg glo verpligte sosiale media-ondersoeke vir alle buitelandse studente wat aansoek doen om visums. Dit blyk dat ambassades en konsulate opdrag gegee is om nuwe visum-onderhoude te onderbreek, wat moontlik die verwerking van internasionale studente kan vertraag. Indien dit ingestel word, kan dit duisende mense raak wat beplan om in Amerika te studeer, […]
# Die DA sê die nuwe Wetsontwerp op Minerale Hulpbronne wat verlede week vir openbare kommentaar bekendgestel is, sal die reeds wankelrige saak vir buitelandse belegging in Suid-Afrikaanse mynbou beëindig. Woordvoerder James Lorimer sê dit maak voorsiening vir die vinnige omverwerping van die beginsel van “eens bemagtig, altyd bemagtig”, wat die weg baan vir die […]
# French activists dyed a Paris fountain red to symbolise what they called the “bloodbath” of Palestinians in Gaza. Activists from Oxfam and Amnesty International poured dye into the “Fountain of Innocents” in the heart of the French capital, while others held placards saying “Cease fire” and “Gaza: stop the bloodbath”. Clemence Lagouardat, who helped […]
# Die DA in Gauteng sê duisende besighede is op die randjie van bankrotskap omdat die Provinsiale Gesondheidsdepartement byna 4,8-miljard-rand se uitstaande fakture nog nie betaal het nie. Finansies-woordvoerder van die DA, Madeleine Hicklin, sê 30-duisend-914 fakture is onbetaald, wat diensverskaffers se vermoë om te funksioneer en personeel te betaal, benadeel. Die departement het geen […]