# Die waarnemende premier van die Oos-Kaap, Mlungisi Mvoko, sê vloedskade in die provinsie word op vier-miljard-rand beraam. Meer as vier-duisend-200 huise is vernietig, met amper twee-duisend wat gedeeltelik beskadig is. Mvoko het bevestig dat meer as 400 skole en een-duisend-500 klaskamers beskadig is, wat meer as 40-duisend leerders raak. Hy sê die regering is […]
# Action Society sê burokrasie en politieke meningsverskille ondermyn pogings om Suid-Afrikaners veilig te hou namate misdaad toeneem. Die organisasie doen ‘n beroep op die minister van Polisie, Senzo Mchunu, om onmiddellik volle polisiëringsmagte aan bevoegde munisipaliteite toe te ken. Action Society is van mening beperkte magte en rompslomp verhinder die plaaslike polisie se vermoë […]
# Die polisie in KwaMhlanga, Mpumalanga, het nog ‘n verdagte aangekeer in verband met die ontvoering en moord op die joernalis Aserie Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli. Die paartjie het in Februarie verdwyn, en hulle liggame is verlede maand deur DNS-toetsing uitgeken nadat hulle oorskot in ‘n veld in Rust de Winter, Limpopo, gevind […]
# Olimpiese Spele: Kirsty Coventry, wat Maandag oorneem as president van die Internasionale Olimpiese Komitee, sê sy beskou samewerking met belanghebbendes as die belangrikste deel van haar ampstermyn. Die voormalige swemkampioen van Zimbabwe is in Maart verkies om Thomas Bach van Duitsland op te volg. Die 41-jarige is die IOK se eerste vroulike president. Coventry […]
# Arctic peatlands are expanding as the climate warms. New research shows this is a change that could slow global heating in the near term but have the opposite effect in future. These carbon-rich reservoirs, composed of partially decayed organic matter, only cover three percent of Earth’s surface, and generally fade out in the far […]
# Soccer: Real Madrid superstar Kylian Mbappé is being treated in hospital in the United States after suffering a stomach bug. The Spanish giant says he is suffering from an acute case of gastroenteritis and has been admitted to hospital in order to undergo a series of tests and follow the appropriate course of treatment. […]
# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, vra benoemings om nuwe lede vir die Sentrale Dwelmowerheid aan te stel. Benoemings sluit op 30 Junie. Die owerheid bied raad aan die regering oor strategieë om dwelmmisbruik te bekamp en hou ook toesig oor die nasionale meesterplan vir dwelms. Bathembu Futshane van die departement sê die […]
# Cosatu het die Openbare Beleggingskorporasie geprys nadat hy ‘n geskiedkundige drie-duisend-miljard-rand in bates aangekondig het. Dit is teenoor 2,7-duisend-miljard-rand verlede jaar en 1,8-duisend-miljard rand tydens Covid-19. Matthew Parks van Cosatu sê die korporasie moet voortgaan om werkers se fondse te beskerm en ekonomiese groei, werkskepping en volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika ondersteun:
# Rugby: Die losskakel van Skotland en ook die Britse en Ierse Leeus, Finn Russell, het sy kontrak met Premierskapkampioen Bath tot die middel van 2028 verleng. Hy het by die Engelse klub, wat deur Suid-Afrikaner, Johann van Graan afgerig word, in 2023 vir drie jaar aangesluit en het 420 punte in 45 wedstryde aangeteken. […]