# Na ‘n drie-jaar periode bo aan die lys van die mees leefbare stede in die wêreld, is Wenen, die Oostenrykse hoofstad, onttroon deur die Deense hoofstad, Kopenhagen. Die stad het volpunte gekry vir stabiliteit, onderwys en infrastruktuur. Wenen en Zurich in Switserland is gesamentlik tweede. Melbourne, Sydney en Adelaide in Australië is onderskeidelik, vierde, […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns hoop om vir die laaste 16 van die Klub-Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer deur Borussia Dortmund vanaand in Cincinnati, Amerika, te klop. Die Brazilians is boaan Groep F met drie punte ná ’n oorwinning van 1–0 oor Ulsan danksy ‘n doel deur Iqraam Rayners. Die doelskieter sê hulle moet kalm bly en takties […]
# Britse wetgewers het ’n wetsontwerp oor bystandsdood vir sterwendes goedgekeur, met ’n skrale meerderheid van 314 stemme teenoor 291. Vrydag se stemming beteken Britanje sluit nou aan by ‘n klein groep van nasies waar bystandsdood toegelaat word. Die wet maak voorsiening vir mense met ‘n terminale siekte en ‘n lewensverwagting van minder as ses […]
# Netbal: Australië se beroeps- Superliga gaan die volgende drie jaar na meer as 60 lande uitgesaai word na ‘n ooreenkoms tussen die beheerliggaam en die All Women’s Sports Network van die Hollywood-aktrise Whoopi Goldberg. Die sport is uiters gewild in Australië, met ‘n geraamde miljoen spelers. Agt spanne neem deel aan die Superliga, waarvan […]
# Krieket: Die Suid-Afrikaans-gebore Australiese kolwer Marnus Labuschagne se onindrukwekkende bydraes in die eindstryd van die Wêreldtoetskampioenskap teen die Proteas het hom sy plek in die span gekos vir die eerste toets teen die Windies. Die aanvangskolwer kon net 17 en 22 aanteken in sy twee kolfbeurte op Lord’s. Die veteraan-kolwer Steve Smith is weens […]
# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, vier ‘n jaar in die amp en die vordering wat gemaak is met bewaring, klimaatsoptrede en omgewingsbestuur. Die departement sê onder sy leierskap is die ondersteuning vir kleinskaalse vissers versterk, bedreigde spesies soos die Afrika-pikkewyn is beskerm, en groen tegnologie het vordering getoon. George […]
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings het strafregtelike klagtes ingedien teen Daybreak Farms se direksie ná ’n ramp waarin meer as ‘n miljoen voëls gely het as gevolg van uiterste nalatigheid. ‘n Hooggeregshofbevel het Daybreak se reuse-wanbestuur bevestig en hulle beveel om onmenslike praktyke te staak. Die DBV het wydverspreide lyding ontdek en dit as […]
# Tien maande nadat die luukse seiljag die Bayesian tydens ‘n skielike storm langs die kus van Sisilië gesink het, kon herwinningspanne daarin slaag om die superjag Vrydagmiddag 50 meter diep van die seebodem af op te lig. Die maatskappy wat herwinning van 540-miljoen-rand uitvoer, sê die seiljag sou oor die naweek uitgelig word, maar […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het pogings teen geslagsgeweld verskerp en die afgelope week landswyd 201 verkragtingsverdagtes in hegtenis geneem, insluitend 56 gesoekte individue. ‘n Egpaar in Bloubergstrand is in hegtenis geneem vir die beweerde seksuele misbruik van hul jong dogters. Die polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê skuldigbevindings sluit in die van ‘n reeksverkragter, Lesley Mohlala, […]