# Die DA vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, onmiddellik af te dank en beskuldig haar daarvan dat sy twee keer vir die Parlement leuens vertel het. Die party sê in ‘n ope brief sy het die Parlement mislei om haar rol met die aanstelling van ANC-kaders […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het eenheid en respek vir demokratiese waardes gevra te midde van ‘n mosie van wantroue teen hom. Die raad se hoofsweep en die ANC-raadslid, Sthembiso Zungu, sowel as die raad se speaker en Nobuhle Mthembu van ActionSA kan ook mosies van wantroue teen hulle verwag. Morero het die […]
# US President Donald Trump joined NATO leaders in reaffirming the commitment to protect each other after allies agreed to ramp up defence spending. Trump secured a key foreign policy win by getting NATO’s 32 countries to agree to meet his target of five-percent of GDP on defence spending. In a move that will provide […]
# Die Gautengse Departement van Onderwys het twee inspekteurs van die Infrastruktuureenheid geskors, nadat hulle betrokke was by ‘n herstelprojek by die Noordgesig Secondary School. Dit volg na ‘n brand op 27 Junie 2024 by die skool in Soweto. Die departementele woordvoerder Steve Mabona sê ten spyte van fondse wat vir dringende herstelwerk bewillig is, […]
# Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bied ‘n weeklange gemeenskapsuitreikprogram aan in die Gert Sibande-distrik in Mpumalanga, om bewustheid te skep oor die gevare van dwelmgebruik. Die veldtog sluit in besoeke aan skole, tavernes en kerke, as deel van die Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en Onwettige Handel môre. Bathembu Futshane van die departement, sê dwelmgebruik […]
# Betogings in Kenia het toegeneem in Nairobi vandag op die eerste herdenking van die dodelike belasting-betogings waarin meer as 60 mense dood is. Die polisie het alle toegang tot die Parlement afgesluit nadat spanning ook toegeneem het ná die dood van ‘n politieke webjoernaalskrywer, Albert Ojwang. Hy is in hegtenis geneem en in polisie-aanhouding […]
# Die Noordwes Provinsiale Inisiasiekoördineringskomitee het veertien onwettige inisiasieskole gesluit en sewe-en-sestig seuns in die provinsie gered aan die begin van die winter-inisiasietydperk. Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake se woordvoerder, Thebeetsile Keameditse, sê die komitee word oorval met oproepe van ouers en die polisie wat gevalle van vermiste jong seuns aanmeld. Van […]
# Suid-Afrika bied die derde G20-sjerpabyeenkoms by Sun City in Noordwes aan onder voorsitterskap van die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge, Zane Dangor. Afgevaardigdes van G20 nasies bevorder onderhandelinge voor November se spitsberaad. Dangor het die noodsaaklikheid van praktiese oplossings beklemtoon en die belangrikheid erken om geopolitieke spanning aan te pak. Hy het die sjerpas aangemoedig […]
# Namibië se Ministerie van Landbou het die tydelike verbod op die invoer en vervoer van mieliesaad uit Suid-Afrika opgehef. Die verbod is ingestel nadat Goss-verwelk, veroorsaak deur ‘n bakteriese patogeen, in invoere opgespoor is. Die ministerie se woordvoerder, Simon Nghipandulwa, sê die nuwe riglyne oor plantgesondheid is ingestel om plantsiektes te voorkom. Invoerders moet nou streng […]