# Soccer: Die bekende afrigter, Pitso Mosimane het homself gedistansieer van ’n nuwe boek oor sy lewe, wat vandag in Johannesburg bekendgestel word. Mosimane het dit duidelik gestel dat hy nie by die projek betrokke was nie en dat die skrywers hom nooit genader het vir insette of kommentaar nie. Hy het ook gesê dat […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare dring aan dat die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George dadelik moet optree om deelnemers aan die Munisipale Omgewingsprogram vir Gegradueerdes te beskerm. Woordvoerder van die vakbond, Claude Naiker, sê die program is as ’n tweejaar-vastetermynkontrak geadverteer met ‘n vasgestelde besoldiging van nege-duisend-200-rand per maand. Hy sê […]
# Die DA sê die besluit van die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om voedselbankbedrywighede te sentraliseer, het voedselonsekerheid vererger en duisende mense ly nou honger. Die DA-lid, Refiloe Nt’sekhe, sê desentralisering was beter met 288 organisasies sonder winsoogmerk en vyf streeksbanke. Nt’sekhe is bekommerd omdat ‘n kwartaallikse verslag getoon het slegs 34-duisend-114 pakkies is […]
# Die Britse minister van Verdediging, John Healey, sê die Verenigde Koninkryk en sy bondgenote is gereed om Oekraïne te ondersteun voor onderhandelings om die oorlog te beëindig, sowel as om ‘n uiteindelike vredesooreenkoms te verseker. Hy het aan die BBC gesê Oekraïne se bondgenote sal help om die lugruim, see en land te beveilig […]
# ActionSA het die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, versoek om die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Sithembiso Zungu, te skors. Dit volg nadat die Valke onthul het hy het voordeel getrek uit City Dev, gekoppel aan ‘n Lehae-behuisingsprojek. Zungu het na bewering geld ingevorder, wat eintlik beskermingsfooie is, en daar is bewyse van […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê ‘n oorwinning oor die All Blacks in Auckland sal afhang van die span se geloof in homself op kritieke oomblikke. Jesse Kriel sal Suid-Afrika aanvoer in die Rugbykampioenskaptoets, met Eben Etzebeth en Willie le Roux, wat meer as honderd toetse op die kerfstok het, in die opdrafspan. Erasmus sê […]
# Die kommissie van ondersoek na die brand in die Usindiso-gebou sê Johannesburg se behuisingskrisis word veroorsaak deur armoede en te min bekostigbare behuising, nie net gekaapte geboue nie. Minstens 77 mense het in 2023 in die brand gesterf. Die kommissie, onder leiding van regter Sisi Khampepe, het 110 eiendomme ondersoek en bevind byna 80-persent […]
# Die onderwysersvakbond SADOU glo die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, is steeds gekant teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette en wil dit wysig deur middel van regulasies. Woordvoerder Nomusa Cembi sê die konsepregulasies kan nie gebruik word om die teks van die wet te verander, vereistes te stel waarvoor die wet nie voorsiening […]
# Cosatu vra dat die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid die uitfasering van Postbank as ‘n diensverskaffer vir maatskaplike toelaebetalings moet heroorweeg. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die vakbondfederasie is uiters ontsteld oor Sassa se aankondiging dat hulle van plan is om Postbank se verwerking van toelaebetalings aan miljoene begunstigdes ten gunste van privaat banke te beeïndig: