# Business Leadership South Africa waarsku dat die regering hervorming moet versnel as hy die werkloosheidsyfer van 33,2-persent wil verminder. Die uitvoerende hoof van BLSA, Busisiwe Mavuso, het in haar weeklikse nuusbrief gesê, terwyl daar vooruitgang gemaak is met die beeïndiging van beurtkrag en die verbetering van hawens, hou vertragings in hawe-konsessies sistemiese risiko’s in. […]
# Die Munisipale Afbakeningsraad het ná ‘n landwye raadplegings- en navorsingsproses besluit om geen munisipale grense te verander nie. Die besluit raak 13 gevalle in 18 munisipaliteite, insluitend Ventersdorp, Tlokwe, Qwaqwa, Mjindi en Naledi. Sekere gemeenskappe beplan hofstappe, maar die uitvoerende hoof Manye Moroka het gewaarsku dit kan die afbakening van wyke voor die 2026-verkiesing […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het gehoor daar bestaan ‘n dooiepunt tussen die voormalige Zambiese president Edgar Lungu se familie en die Zambiese regering oor waar hy begrawe moet word. Die saak is Vrydag uitgestel vir onderhandelinge. Adjunk-regterpresident Aubrey Ledwaba het voorheen ten gunste van die staat beslis en ‘n staatsbegrafnis in Zambië goedgekeur. Die […]
# Die nywerheidsvakbond GIWUSA sê die vergadering van verteenwoordigers om die proses van die nasionale dialoog te bespreek was niks meer as ‘n gepraat nie. Die president van GIWUSA, Mametlwe Sebei sê die vakbond verwerp die valse hoop van die nasionale dialoog. Hy sê GIWUSA sal nie om die bos gelei word om te glo […]
# Floyd Shivambu van Mayibuye iAfrika sê Suid-Afrika se onderwysstelsel is in ‘n krisis gedompel en matrieks beskik oor geen praktiese vaardighede nie. Shivambu het met KwaZulu-Natalse vrywilligers in eThekwini gepraat tydens die Mayibuye-raadplegingsproses, en aangevoer leerders moet skool verlaat met tasbare vaardighede, insluitend messelwerk en ander ambagte, om hulle toe te rus vir werklike […]
# ‘n Verslag beklemtoon Afrika moet meer van sy eie klimaatberade hou om ‘n billike ooreenkoms oor die uitfasering van fossielbrandstowwe en die befondsing van hernubare energie te verseker. Down To Earth glo Afrika benodig ongeveer 33-duisend-miljard-rand vir die oorgang teen 2030, maar die meeste klimaatfondse behels lenings wat skuld verhoog. Afrika het byna 600-miljoen […]
# Rugby: Die Cheetahs is nou boaan die Curriebeker-Premierliga-punteleer nadat hulle Westelike Provinsie die naweek in Bloemfontein verslaan het. Hulle word gevolg deur Boland Kavaliers wat die Bulle op ‘n volgepakte Boland-stadion in Wellington geklop het. Die Cheetahs en die Kavaliers het albei drie van hulle eerste vier kragmetings gewen. Die Leeus is derde nadat […]
# Die Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het aangekondig meer as 176-miljard-rand is in die laaste drie dae van die Waterbeleggingsberaad in Kaapstad ingesamel. Sy sê net 80 belangrike waterbeleggingsprojeke van 38 verskillende lande is vir die beraad gekies. Volgens haar het gebrekkige beleggings in water het alle winste van al die volhoubare […]
# Die parlementêre ad hoc-komitee wat bewerings van polisiekorrupsie deur die KwaZulu-Natalse kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek, ontmoet vandag om ‘n verwysingsraamwerk te aanvaar. Parlementslede kon verlede week nie oor ‘n finale konsep saamstem nie. Die ondersoek sal beweerde inmenging in wetstoepassing bewyk, insluitend deur die geskorste minister, Senzo Mchunu. Mkhwanazi is as ‘n sleutelgetuie geroep, […]