# Die Mededingingstribunaal se regsverteenwoordiger, Tembeka Ngcukaitobi het die vyf vermeende sleutelstrategieë wat banke gebruik om die rand te manipuleer, in die Konstitusionele Hof uiteengesit. Dit sluit in die koördinering van transaksies, die terughou of omkeer van transaksies, om die 4-uur middag-prysvasstelling te beïnvloed, valse aanbiedinge, en die uitruil van sensitiewe markinligting. Ngcukaitobi voer aan […]
# One of the most valuable violins in the world, crafted three centuries ago and once owned by composer Niccolo Paganini, is to be played at a top UK classical music festival. The violin, known as the Carrodus, is one of only around 150 made by Giuseppe Guarneri del Gesu, and was acquired by a […]
# Die regsverteenwoordiger vir die Mededingingskommissie, Tembeka Ngcukaitobi, het agt belangrike onderwerpe uiteengesit in die voortgesette randmanipulasie-saak. Die saak ondersoek steeds beweerde samespanning deur 13 banke met die bepaling van die wisselkoers tussen die Amerikaanse dollar en die Suid-Afrikaanse rand tussen 2007 en 2013. Ngcukaitobi sê hulle sal agt kwessies aanpak, insluitend ‘n enkele oorkoepelende […]
# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte is daarvan afhanklik dat die regering en die Suid-Afrikaanse Reserwebank saamwerk aan ‘n nuwe drie-persent-inflasieteiken. Die buro waarsku egter in sy jongste verslag streng staatsbesteding en hoë rentekoerse vertraag die groei, met die bruto binnelandse produk wat na verwagting vanjaar minder as een-persent sal […]
# Rugby: Die hoofafrigter van die All Blacks, Scott Robertson, verwag dat die Springbokke na hulle DNS sal terugkeer na die naweek se vernederende nederlaag in die Rugbykampioenskapswedstryd teen die Wallabies op Ellispark. Hy dink die wêreldkampioen sal na sy gewone sterkpunte terugkeer met fisiese oorheersing en taktiese skoppe na die mislukte proefneming om wyd […]
# Future Forex het gevra vir swaar boetes vir banke wat skuldig bevind word in die randmanipulering-sage om toekomstige valuta-manipulering te voorkom. Die Mededingingskommissie appelleer in die Konstitusionele Hof teen die uitspraak van die Mededingingsappèlhof oor 13 banke wat daarvan beskuldig word dat hulle tussen 2007 en 2013 die rand-dollar-wisselkoers gemanipuleer het. Die uitvoerende hoof, […]
# Ses vermeende lede van ‘n internasionale sindikaat wat met renosterhoring smokkel is vanoggend in Sunnyside, Pretoria, in hegtenis geneem. Die vyf mans tussen die ouderdom van 49- en 84-jaar en die 60-jarige vrou het hulle aan die Valke oorgegee. Die volg na ‘n langdurige ondersoek na oorgrens-handeldryf met renosterhoring sedert 2017. Beweerde bedrieglike permitte […]
# ActionSA sê hy is diep bekommerd oor die regering se skreiende mislukking om die voortgesette wetteloosheid en intimidasie van gemeenskappe deur sekere taxi-operateurs te beheer. Dit volg na die moord verlede week op ‘n e-taxi bestuurder by die Maponya Winkelsentrum in Pimville, Soweto. Zwelithini Mtshali van ActionSA vra die regering om dringend maatreëls in […]
# Die Ministerie in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede het bevestig dat minister Sindisiwe Chikunga gesond en op die herstelpad is ná ‘n gesondheidsprobleem tydens die Y20-vergadering in Ekurhuleni gister. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê Chikunga is aangeraai om verlof te neem om te rus en te herstel […]