# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê die Welmoed-behuisingsontwikkelingsprojek is daarop gemik om inwoners se waardigheid te herstel. Fase een sal drie-duisend-296 huise lewer en tot ses-duisend plaaslike werksgeleenthede skep, met kontrakteurs wat plaaslike arbeid moet aanstel. ‘n Verifikasieveldtog vir begunstigdes vind op 13 en 14 September plaas. Simmers sê grootmaat-infrastruktuur-opknappings, ter waarde […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, behoort fiks te wees om sy Amerikaanse Ope-titel te verdedig. Hy moes Maandag handdoek ingooi tydens die eindstryd van die Cincinnati Ope teen nommer-twee, Carlos Alcaraz van Spanje, en het ook aan die Amerikaanse Ope se gemengde dubbels onttrek. Sinner se afrigter, Darren Cahill, sê hy het […]
# Atletiek: Die Suid-Afrikaanse sterre Akani Simbine, Bayanda Walaza en Prudence Sekgodiso deel vanaand die baan die voorlaaste Diamantliga-byeenkoms in Brussel, België, met groot name soos die wêreldkampioen Sha’Carri Richardson van Amerika en die veteraan Jamaikaanse naelloper Shelly-Ann Fraser Pryce. Die Olimpiese atlete Simbine en Walaza sal deelneem aan die 100-meter en Sekgodiso aan die […]
# Tennis: Novak Djokovic oorweeg dit glo om permanent na Griekeland te verhuis te midde van bewerings dat die Serwiese regering hom teiken vir sy steun aan studentebetogings in die land. Die 24-malige Grand Slam-enkelspelkampioen is deur Serwiese koerante gekritiseer nadat hy in Desember protesoptredes deur studente teen die Serwiese president gesteun het. Die tennisster […]
# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging sal van Maandag ‘n weeklange verkoopsending na Nigerië en Ghana lei. Die sending het ten doel om Suid-Afrika se handelsvoetspoor te versterk. Vyftien plaaslike ondernemings, ondersteun deur die Uitvoerbemarking- en Beleggingsbystandskema, sal deelneem. Die program sluit handelseminare, sake-vergaderings en terreinbesoeke in. Minister Parks Tau sê die veldtog […]
# Die GOOD-party sê die DA het die inwoners van Kaapstad in die steek gelaat deur die speaker van die raad, Felicity Purchase, te beskerm. Dit volg nadat die DA teen ‘n mosie van wantroue gestem het, ten spyte van bewerings dat Purchase die reëls oortree het, geweld in die raadsaal toegelaat het, en met […]
# Die Nasionale Lotery-operateur, ITHUBA, ontken bewerings op sosiale media wat daarop sinspeel dat slegs Absa- en FNB-kliënte groot pryse wen. ITHUBA sê trekkings word billik uitgevoer, onafhanklik geoudit en kan nie beïnvloed word nie. ITHUBA verduidelik 60-persent van kaartjies word via banke gekoop en dit weerspieël digitale groei, nie vooroordeel nie. ITHUBA het sedert […]
# Krieket: Die voormalige minister van Finansies, Trevor Manuel, is aangestel as voorsitter van die plaaslike reëlingskomitee van 15 lede vir 2027 se mans-Wêreldbekertoernooi. Die toernooi sal gesamentlik deur Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië aangebied word. Dit is die eerste eendag-Wêreldbekertoernooi in die streek sedert 2003. Ander lede op die komitee is Phumzile Mlambo-Ngcuka, Ravi Naidoo en […]
# Die DA in Tshwane vra vir die herinstelling van die Stad sê energietaakspan en die verkryging van ’n transaksionele raadgewer vir die Pretoria-Wes- en Rooiwal-kragstasies. Die leier van die DA in Tshwane, Cilliers Brink, waarsku dat die Stad sonder hierdie stappe, onafhanklike kragvoorsieners niks meer bied as verwarring nie. Hy beskuldig die ActionSA/ANC-koalisie dat […]