# Die Russiese ambassadeur in Brittanje, Andrey Kelin, is deur die Ministerie van Buitelandse Sake ontbied nadat minstens 15 mense, insluitend vier kinders, in aanvalle op Kiëf dood is. Die eerste minister Keir Starmer het vroeër gesê Moskou saboteer hoop op vrede met sy sinnelose aanvalle. ‘n Oekraïnse afvaardiging sal Vrydag met Amerikaanse amptenare in […]
# Eskom se elektrisiteitstariewe gaan die volgende twee boekjare met 8,8-persent styg nadat die energiereguleerder, Nersa, foute in sy vroeëre prysbepaling identifiseer het. Die verhoging, hoër as die vyf- en ses-persent wat aanvanklik aangekondig is, volg op ‘n skikking buite die hof. Nersa sê die aanpassing stel die nutsmaatskappy in staat om ‘n bykomende 54-miljard-rand […]
# Rugby: Die hoofafrigter van Wallis se vrouespan, Sean Lynn, het groot veranderings aan sy span aangebring vir Saterdag se belangrike Wêreldbeker-groepswedstryd teen Kanada in Manchester, Engeland. Wallis moet wen om die groepsfase te oorleef nadat hulle in hul openingswedstryd 38-8 teen Skotland verloor het. Daar is sewe veranderings aan die beginspan, met Bethan Lewis […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, het bevestig onderwysposte sal nie verminder word vir volgende jaar se akademiese jaar nie. Die provinsie sal die 35-duisend-934 poste behou, en skole sal môre hul personeeltoewysings ontvang. Maynier sê hierdie besluit volg ná raadpleging met onderwysvakbonde en skoolbeheerliggame en is daarop gemik om stabiliteit vir leerders […]
# ‘n Uroloog van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, Danelo du Plessis, het Suid-Afrika se eerste robotiese skenker-nefrektomie suksesvol by Tygerberg-hospitaal uitgevoer. Du Plessis het die Da Vinci Xi-robotstelsel gebruik om ‘n gesonde nier van ‘n 45-jarige moeder vir haar 24-jarige dogter te verwyder. Dit beteken ‘n groot sprong vir pasiëntesorg en chirurgiese vernuwing. Hy […]
# The EU summoned Russia’s envoy in Brussels after a massive attack on Kyiv killed at least 14 people and damaged the bloc’s diplomatic mission in the city. European Commission chief Ursula von der Leyen called it proof that the Kremlin will stop at nothing to terrorise Ukraine, blindly killing civilians, men, women and children, […]
# ‘n Voormalige kleuterskoolonderwyseres van Johannesburg is skuldig bevind aan die verkragting en moord op haar kêrel se vierjarige dogtertjie. Die plaaslike Hooggeregshof het bevind Amber Lee Hughes het Nada-Jane Challita in Januarie 2023 in haar pa, Elie, se huis in Glenvista seksueel aangerand en in die bad verdrink. Hughes het na die kleuter omgesien […]
# Die DA sê hy het in ‘n skrywe aan die voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Klein Besigheidsontwikkeling geëis dat die keuringsproses vir die Ombud vir Klein Ondernemings sonder verdere vertragings hervat moet word. Henro Krüger van die DA sê die ANC se poging om sy voorkeurkandidaat af te dwing is in Junie […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid vra ouers en voogde om toestemmingsvorms te teken sodat hul kinders teen masels ingeënt kan word. Die veldtog van ses weke wat tot 12 September duur, is daarop gemik om meer as drie-miljoen kinders in te ent. Die provinsie het sedert Januarie meer as 400 bevestigde maselsgevalle aangemeld. Die […]