# Atletiek: Die wêreldrekordhouer in die 400-meter, Wayde van Niekerk, en sy Suid-Afrikaanse landgenoot Sinesipho Dambile neem vanmiddag deel aan die halfeindronde van die 200-meter op die wêreldkampioenskap in Tokio, Japan. Van Niekerk, wat tydens verlede jaar se Olimpiese Spele in Parys na die korter wedloop oorgeskakel het, het tweede gekom in sy uitdun terwyl […]
# Vyf Weermaglede en twee ongedokumenteerde Zimbabwiërs sal vandag in Musina se Landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van die vermeende diefstal van ‘n besending onwettige sigarette naby die Limpopo-rivier. Skote is volgens berigte afgevuur, wat die smokkelaars gedwing het om die 24 kartonbokse te laat vaar. Ses bokse is later in ‘n tydelike militêre […]
# Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, glo kaptein Pat Cummins, sal fiks wees om ‘n belangrike rol te speel in die reeks om die As teen Engeland. Die snelbouler herstel steeds van ‘n laerug-besering, maar McDonald sê hy behoort gereed te wees om minstens in sommige van die vyf toetse te speel. Hy sê […]
# Krieket: Die Protea-kolwer Dewald Brevis sê die reuse-koopprys wat hy in die SA20 losgeslaan het, gaan hom nie verander nie en hy gaan steeds op die veld om homself te geniet. Pretoria Capitals het die 22-jarige gekoop vir ‘n allemintige 16,5-miljoen-rand gedurende verlede week se spelersveiling nadat hy die eerste drie seisoene vir die […]
# Russia’s Vladimir Putin and India’s Narendra Modi hailed their friendship and warm relations, holding a phone call despite pressure from Washington over growing economic ties between the two. US President Donald Trump has bumped up tariffs on India, which has become a major purchaser of Russian oil, with Western sanctions imposed on Moscow over […]
# Die DA in Gauteng het sy kommer uitgespreek oor foutiewe luggehaltemoniteringstasies wat die gesondheid van inwoners in gevaar stel. Slegs 13 van die 31 stasies is in volle werking terwyl agt stasies tussen 500-duisend-rand en 800-duisend-rand per kwartaal benodig vir herstelwerk. Leanne de Jager van die DA sê tien stasies is sedert 2015 dormant […]
# Die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê die taakmag wat politieke moorde ondersoek het ongekende sukses behaal met hoë opsporings- en skuldigbevindingkoerse, en het later sy bedrywighede na die Oos-Kaap uitgebrei. Mkhwanazi het aan die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria verduidelik die eenheid is geherstruktureer in 2018 as ‘n nasionaal-geïntegreerde span met 139 polisielede en […]
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het na openbare verontwaardiging bevestig ‘n buitelandse burger is in ‘n senior bestuursrol aangestel. Daar is 16 senior bestuurders en een is ‘n buitelander, terwyl sewe uit die 169 personeellede buitelandse burgers is. Die kommissie het bewerings betwis dat die meeste van sy werksmag buitelanders is, en beskryf dit as vals […]
# Krieket: Die seun van die voormalige Proteas-kaptein, Kepler Wessels, het sy buiging as skeidsregter gemaak in Australië se Eendagbekerkompetisie. Die 39-jarige Riki is in Australië gebore terwyl sy pa toetskrieket vir Australië gespeel het voor sy terugkeer na Suid-Afrika. Riki het vroeër in Engeland krieket gespeel, waar hy Worcestershire, Northamptonshire en Nottinghamshire verteenwoordig het. […]