# Die Universiteit van die Wes-Kaap sê Suid-Afrika het beter bewustheid, duideliker leiding en sterker ondersteuningstelsels nodig om ouer mense aanlyn te beskerm. Dit is die bevindings van ‘n navorsingstudie oor kubermisdaad teen senior burgers waarin daar gekyk is na ouderdomsdiskriminasie, ideale slagofferskap en die deurslaggewende rol van sosio-ekonomie. Die universiteit se kommunikasiebeampte, Harriet Box, […]
# NotInMyName International sê Suid-Afrika moet daartoe verbind bly om sy verlede te konfronteer en ‘n regverdige en verenigde toekoms te bou. Die organisasie se president, Siyabulela Jentile, sê dit volg ná die Hooggeregshof in Pretoria ‘n polisiebeampte uit die apartheidsera, Johan Marais, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis het vir die moord op die studente-aktivis […]
# Tennis: Donald Ramphadi van Suid-Afrika en Gregory Slade van Britanje het die eerste keer deurgedring na die eindstryd van die rolstoel-dubbelspel op Wimbledon. Hulle het die tweede-gekeurde Ahmet Kaplan van Turkye en Sam Schroder van Nederland in ‘n naelbyt-halfeindstryd 7‑6, 1‑6, 7‑5 verras. Ramphadi en Slade speel Sondag in die eindstryd teen die eerste-gekeurde Guy Sasson […]
# President Cyril Ramaphosa sê die komende nasionale dialoog moet die stemme van alle Suid-Afrikaners weerspieël. Hy het by die Uniegebou in Pretoria gepraat tydens die vergadering met vooraanstaande persone wat die dialoog moet lei, en sê dit moet inklusief, onpartydig en burgergedrewe wees. Ramaphosa sê dit bied ‘n platform om kritieke nasionale uitdagings aan […]
# Arrive Alive het bevestig dat vyf mense, insluitend ‘n kleuter, dood is in ‘n botsing op die N18 naby Hartswater in die Noord-Kaap. Die polisie beweer die bestuurder van ‘n gesteelde bakkie met vervalste nommerplate het van hulle probeer wegjaag. Hy het beheer verloor toe hy ‘n voertuig onwettig probeer verbysteek het en met […]
# Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het borgtog van tien-duisend-rand elk toegestaan aan twaalf lede van die Weermag se Spesiale Magte wat teregstaan vir die moord op ‘n ondersoeker van die Valke, Frans Mathipa. Die hoof-ondersoeker in misdade teen die staat is in Augustus 2023 op die N1 naby die Hammanskraal-tolplaza vermoor terwyl hy ‘n […]
# Die media is verbied om die hofsaak van die omstrede tenderpreneur Vusimuzi “Cat” Matlala in Alexandra, Gauteng regstreeks uit te saai. Hy staan tereg op aanklag van poging tot moord en sameswering om moord te pleeg oor ‘n beweerde komplot om sy gewese vriendin, die aktrise en entrepreneur Tebogo Thobejane, te vermoor. Matlala word […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die vonnis van 15 jaar tronkstraf vir die gewese apartheidspolisieman Johan Marais, wat die studente-aktivis Caiphus Nyoka in 1987 vermoor het. Dit is die NVG se eerste vonnis in ‘n saak uit die Waarheids- en Versoeningskommissie. Marais het skuld erken aan moord met voorbedagte rade wat op polisiebevel uitgevoer is. […]
# Die African Congress for Transformation bepleit strenger wette om verklikkers te beskerm. Dit volg ná ernstige bewerings van korrupsie in die polisiediens. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, het uitlatings gemaak oor inmenging by polisie-ondersoeke. Die ACT eis ‘n onafhanklike ondersoek wat gelei word deur afgetrede regters, en noem ook burgers verdien leiers wat in […]