# Die African Transformation Movement, het onder leiding van sy parlementêre leier, Vuyo Zungula, omvattende grondwetlike wysigingsvoorstelle ingedien. Belangrike veranderinge sluit in die hernoeming van Suid-Afrika na die Republiek van Azanië, die herstel van die doodstraf en ‘n verbod op dubbele burgerskap. Die voorstel eis ook grondhervorming wat terugdateer tot 1652, nasionalisering van hulpbronne en dekolonisering van onderwys. ‘n ATM-woordvoerder, Zama Ntshona, sê die veranderinge wil geregtigheid herstel, eenheid bevorder en nasionale soewereiniteit beskerm: