Skip to content

Atletiek: Pillay verower goud vir SA in 400m by Wêreldspele vir universiteite

# Atletiek: Span Suid-Afrika het nog ‘n medalje by die 2025 Wêreldspele vir universiteite in Duitsland verower met die 400-meter naelloper Lythe Pillay wat goud gewen het met sy beste tyd vir die seisoen van 44,8-4 sekondes. Dit is ook ‘n wêreld-kwalifiserende tyd. Patrick Enyingi van Hongarye het silwer gewen en Edoardo Scotti van Italië het brons ingepalm. Suid-Afrika is nou agtste in die wêreld en is die Afrika-voorloper met 12 medaljes, insluitend vier goud, twee silwer en ses brons. Meer as agt-duisend-500 atlete van 150 lande neem aan 18 sportsoorte deel. Die spele eindig Sondag.