# Atletiek: Akani Simbine lyk na die atleet wat hierdie seisoen geklop moet word nadat hy gister op die tweede Diamantliga-byeenkoms in Keqiao, China, die 100 meter-naelloop gewen het. Hy het die Olimpiese silwermedaljewenner van Jamaika, Kishane Thompson, in ‘n opwindende eindpoging met nul-komma-nul-een sekondes geklop in nege-komma-98 sekondes. Letsile Tebogo van Botswana was derde in 10-komma-nul-drie sekondes. Thompson was vinniger uit die blokke, maar Simbine het hom teen die einde verbygesteek. Simbine het verlede week die eerste Diamantliga-byeenkoms, ook in China, in ‘n tyd van 9.99 sekondes gewen.
Atletiek: Akani Simbine sit sy wenvertoning in China voort