# Die ANC het die verduideliking van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, verwelkom oor die konsep-nasionale kredietregulasies. Die party-woordvoerder Mahlengi Bhengu sê die ANC het kennis geneem van die minister se versekering dat die voorgestelde regulasies nie bedoel is om studente wat by instellings van hoër onderwys skuld het, te benadeel nie. Dit sal eerder toegang tot finansiering verleen vir mikro-, klein en mediumgrootte ondernemings, die township-ekonomie, vroue en om geskiedkundige gemarginaliseerde gemeenskappe te versterk: