Skip to content

ANC skors vyf Maquassie Hills-raadslede

# Die ANC in die Dr. Kenneth Kaunda-streek in Noordwes het vyf Maquassie Hills-raadslede, insluitend die burgemeester Mzwandile Feliti, vir twee jaar uit die party geskors ná tugverhore. Die party sê die individue is skuldig bevind aan ses aanklagte, insluitend die oortreding van party-opdragte en die byeenroep van onwettige raadsvergaderings. Die voorsitter van die streek se tugkomitee, Zanele Mphafudi, sê die lede is ‘n billike verhoor gegee voor die uitspraak. Die ANC sê die raadslede kan appèl aanteken deur die party se provinsiale en nasionale dissiplinêre strukture.