# Die ANC is gereed om enige mosie van wantroue in president Cyril Ramaphosa suksesvol te verdedig, indien die DA dit in die Parlement voorlê. Die DA-leier John Steenhuisen het gedreig om die mosie ter tafel te lê na die afdanking van die voormalige adjunkminister van Handel, Andrew Whitfield. Die partywoordvoerder Mahlengi Bhengu sê so ‘n stap sal ‘n teken wees van die DA se uittrede uit die Regering van Nasionale Eenheid. Sy sê Ramaphosa is nie verplig om gesamentlik te regeer nie: