# Die Amerikaanse Departement van Justisie het na wat berig word ‘n strafregtelike ondersoek na die voormalige tydskrifrubriekskrywer E. Jean Carroll van stapel gestuur. Die 82-jarige het president Donald Trump van seksuele aanranding beskuldig en ‘n federale siviele regsgeding teen hom gewen vir seksuele misbruik en laster. ‘n Hof het die president op albei aanklagte aanspreeklik bevind en meer as 80-miljoen-rand in skadevergoeding aan Carroll toegeken. Die ondersoek fokus nou glo op die vraag of Carroll meineed gepleeg het in haar getuienis in die twee sake teen Trump, waarteen hy nou appelleer.
Amerikaanse Departement van Justisie stuur glo strafregtelike ondersoek na E. Jean Carroll van stapel