# Die Pentagon het aangekondig die Verenigde State gaan vyfduisend troepe aan sy NAVO-bondgenoot Duitsland onttrek namate die geskil tussen president Donald Trump en Europa oor die Iranse oorlog toeneem. Trump het vroeër met die optrede gedreig nadat hy en die Duitse kanselier Friedrich Merz stry gekry het. Merz het gesê het die Iraniërs verneder die VSA in die vredesgesprekke en dat hy nie sien watter uittree-strategie Washington volg nie. Duitsland is die tuiste van sowat 35-duisend Amerikaanse militêre personeel, meer as enige ander plek in Europa.
Amerika onttrek 5 000 van sy troepe wat in Duitsland gestasioneer is