Skip to content

Al 19 lede van Indonesiese mensehandel-sindikaat skuldig bevind en gevonnis

# ‘n Indonesiese hof het 19 mense skuldig bevind aan die handel in 34 babas deur ‘n onwettige aannemingsnetwerk wat tussen 2023 en 2025 tussen Indonesië en Singapoer bedryf is. Die sindikaat het babas, sommige van slegs drie-maande-oud, onwettig gekoop in die Indonesiese provinsie Wes-Java en tussen die twee lande verkoop. Die sindikaat se leier, die 70-jarige Lie Siu Luan, is tot sewe-jaar tronkstraf gevonnis. Dit is minder as die tien-jaar waarvoor aanklaers gevra het. Die ander 18 beskuldigdes is tot tussen drie- en ses-jaar elk gevonnis.