Skip to content

Aktivisteforum eis dat Korrektiewe Dienste deel uitmaak van korrupsie-ondersoek

# Die Activist and Citizens Forum sê die Departement van Korrektiewe Dienste moet ingesluit word in die ondersoek na korrupsie in die regstelsel. Dit volg op bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, wat die SAPD, aanklaers, die regbank en korrektiewe dienste betrek. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê daar moet deeglik ondersoek ingestel word. Hy het die moord in 2005 op die hoof van die Beleidsmonitering- en Evalueringseenheid in die Vrystaatse premier se kantoor, Noby Ngombane, as ‘n voorbeeld van beweerde sameswering in die sekuriteitsgroep genoem.