# AfriForum sê die Stad Tshwane beledig belastingbetalers deur hulle in hofstukke as vrybuiters te bestempel as deel van ’n regsgeding oor die stad se nuwe skoonmaakheffing. AfriForum betwis die maandelikse heffing van 194-rand en beskryf dit as ‘n onregverdige dubbele belasting. Die saak gaan op 24 Julie in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Arno Roodt van AfriForum beskuldig die stad daarvan dat hy die heffing gebruik om sy eie finansiële wanbestuur weg te steek: