# Adjunkpresident Paul Mashatile sal vanmiddag mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Hy sal vrae oor dienslewering, betaling van munisipale skuld aan Eskom, grondhervorming en die regering se benadering tot die oneweredig hoë voorkoms van MIV by vroue en meisies hanteer. Mashatile sal ook ‘n bywerking gee oor die multi-sektorale samewerking en intelligensiegedrewe strategieë van die regering om die toename van bendebedrywighede, veral in die Wes-Kaap, in bedwang te hou.
Adjunkpresident Mashatile gaan vandag mondelinge vrae in Parlement beantwoord