# Adjunkpresident, Paul Mashatile, lei vandag die nasionale herdenking van Menseregtedag in die Oos-Kaap. Die vieringe begin om 9 vm by die Derrick Ferreira-stadion in Kariega met ‘n kransleggingseremonie. Menseregte herdenkingsgeleenthede word hierdie jaar met die tema “Versterking van ‘n Kultuur van Maatskaplike Geregtigheid en Menseregte” gehou. Adjunkpresident Mashatile sal deur senior regeringsbeamptes vergesel word, insluitende die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, en die premier van die Oos-Kaap Provinsie, Oscar Mabuyane.
Adjunkpresident lei die nasionale herdenking van Menseregtedag in Oos-Kaap