Skip to content

Adjunkminister van polisie sê 30 Junie-organiseerders is ‘n klein groepie misleide mense

# Die adjunkminister van Polisie, Polly Boshielo, het die organiseerders van die beplande betogings op 30 Junie beskryf as ‘n klein groepie misleide mense. Boshielo het gister ‘n gesamentlike wetstoepassingsbyeenkoms by die FNB-stadion toegespreek. Haar opmerkings volg te midde van verskerpte voorbereidings deur die owerhede vir landwye betoings oor immigrasiekwessies. Sy het bygevoeg operasionele planne is in plek om openbare veiligheid te verseker en enige geweld of ontwrigting te voorkom. Die regering het herhaal dat hoewel vreedsame betogings toegelaat word, sal wetteloosheid en intimidasie nie geduld word nie, met veiligheidsmagte op hoë gereedheid.