# ActionSA in Johannesburg is diep bekommerd oor die aanstelling van raadslid Loyiso Masuku as die nuwe burgemeesterskomiteelid vir Finansies in die stad. ActionSA se woordvoerder, Zwelithini Mtshali, sê gedurende haar ampstermyn as burgemeesterskomiteelid vir Groep Korporatiewe en Gedeelde Dienste, het die stad reuse-verkwistende uitgawes van 240-miljard-rand in die 2023/2024-boekjaar aangegaan. Hy sê Masuku het ook versuim om beslissende stappe te doen teen amptenare wat betrokke is by finansiële wanbestuur en bedrog: