# ActionSA verwelkom ‘n Arbeidshofuitspraak wat ‘n poging deur Tshwane-munisipale amptenare van die hand gewys het. Hulle was betrokke by die Rooiwal-tenderondersoek en wou dissiplinêre optrede teen hulle stop. Michael Beaumont van die party sê die uitspraak is ‘n oorwinning vir aanspreeklikheid en geregtigheid ná die cholera-uitbreking in Hammanskraal in 2023. Hy sê burgemeester Nasiphi Moya se administrasie het beslissend teen korrupsie opgetree deur dissiplinêre stappe te doen, ondernemings wat met die sakeman Edwin Sodi verbind word op ‘n swartlys te plaas, en staatsbestuur-maatreëls te versterk om openbare vertroue in die metro te herstel.
ActionSA prys uitspraak teen Tshwane-amptenare