Skip to content

ACDP sê Tshwane moet funksioneel wees om werksgeleenthede te beskerm en dienslewering te verbeter

# Die ACDP sê Tshwane moet funksioneel gehou word om werksgeleenthede te beskerm en dienslewering te verbeter. Die party se verteenwoordiger, Thabang Moshidi, sê werkloosheid in die hoofstad staan na raming op bykans 38-persent. Hy waarsku voortdurende water- en kragvoorsienings-onderbrekings ontmoedig beleggers en het ‘n negatiewe invloed op klein ondernemings. Moshidi beklemtoon ook langdurige diensleweringsuitdagings in gebiede soos Hammanskraal en sê onbetroubare infrastruktuur vererger die omstandighede en beperk ekonomiese groei.