# ‘n Aanklaer in die bedrog- en korrupsiesaak waarby senior Misdaadintelligensie-amptenare betrek is, sê daar is geweldige druk op haar uitgeoefen om die saak terug te trek. EWN berig advokaat Joy Hlatshwayo het glo aan ‘n verdedigings-prokureur gesê sy wil die saak uit die pad kry. Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig die aanklagte teen brigadier Dineo Mokwele, die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en ander beskuldigdes sal Vrydag permanent teruggetrek word. Die besluit volg op vertoë wat ontvang is en getuienis wat voor die Madlanga-kommissie aangehoor is.
Aanklaer erken druk terwyl NVG voorberei om saak teen Misdaadintelligensie-beamptes terug te trek