Skip to content

Emfuleni-bedrogbeskuldigde word verbind met ondersoek na moord op verklikker

# ‘n Verdagte in ‘n korrupsiesaak in Emfuleni, Gauteng, word verbind met die ondersoek na die moord op die verklikker Martha Mani-Rantsofu. Die taakspan vir politieke moorde het die 25-jarige kontrakteur Janitha van Reenen in hegtenis geneem in verband met 400-duisend-rand se bedrog by die munisipaliteit. Sy het vermoedelik inligting oor die moord nadat sy aan die polisie vertel het sy kan die skuldiges uitwys. Van Reenen se saak is in die Vanderbijlparkse Landdroshof uitgestel vir verdere ondersoek. Sy bly in aanhouding.