# Die African People’s Convention veroordeel die moord op Nhlamulo Sambo in Mosselbaai en beweer hy is geteiken omdat hy Xitsonga gepraat het. Freddy Mbhandze van die party sê die voorval ondermyn Pan-Afrikaanse waardes en die reg van alle Afrikane om vry van diskriminasie en geweld te leef. Die APC doen ‘n beroep op respek vir kulturele diversiteit. Mbhandze sê Afrika-leiers moet meer sekuriteit vir burgers skep terwyl hulle xenofobiese aanvalle en taalgebaseerde diskriminasie veroordeel:
APC vra strenger optrede teen xenofobie en taaldiskriminasie [KLANK]
ENG MbhandzeOnXenephobia