Skip to content

Rugby: Matthee gaan na verwagting naatloos inskakel by Stormers na Sacha se besering

# Rugby: Die Stormers verwag dat Jurie Matthee naatloos by die span sal inskakel vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-halfeindstryd teen Leinster in Ierland. Hy vervang die Springbok-losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu, wat ‘n langtermyn-besering opgedoen het in die kwarteindstryd teen Cardiff. Die gewese Blitsbok-ster Seabelo Senatla het harsingskudding en het ook nie gisteraand saam met die span vertrek nie. Die direkteur van rugby, John Dobson, sê Matthee was deel van hulle welslae oorsee en is ideaal vir die soort rugby wat hulle in Dublin wil speel.