Skip to content

DA lei politieke partyskenkings voor plaaslike regeringsverkiesing

# Die Verkiesingskommissie het politeke partye se verklarings van skenkings van 1 Januarie tot 31 Maart 2026 gepubliseer. Dit toon byna 97,2-miljoen-rand in befondsing. Die DA het die grootste deel hiervan ontvang met 57,3-miljoen-rand, gevolg deur RISE Mzansi met 30-miljoen-rand en ActionSA met 9,9-miljoen- rand. Die verslag kort voor die 2026 Plaaslike Regeringsverkiesing, toon verskerpte fondsinsamelingsaktiwiteite. Die Kommissie sê hy ondersoek die omskakeling van ‘n lening van 30-miljoen-rand na ‘n skenking aan RISE Mzansi, om nakoming van befondsingswette te verseker.