# Die Amerikaanse weermag sê hy het gister ‘n aanval op ‘n vaartuig in die oostelike Stille Oseaan uitgevoer. Drie mans is dood in die tweede aanval binne twee dae. Die Amerikaanse Suidelike Bevel het in ‘n plasing op X gesê intelligensie het bevestig dat die vaartuig op dwelmsmokkelroetes in die oostelike Stille Oseaan gevaar het en betrokke was by dwelmsmokkelary-operasies. Die Amerikaanse weermag het bygevoeg drie manlike narko-terroriste is tydens die aanval dood is en geen militêre personeel is beseer nie.
VSA tref nog ‘n vaartuig in oostelike Stille Oseaan, drie dood