# Rugby: Die Junior Springbokke het hul veldtog gister in Stellenbosch afgesluit met ‘n oortuigende oorwinning van 57-14 oor Georgië in hul derde en laaste botsing van die o.20 internasionale reeks. Hulle het nege drieë gedruk in hul derde agtereenvolgende oorwinning in die reeks, nadat hulle rustyd met 38-7 voorgeloop het. Dit volg na vorige oorwinnings oor Chili en Fidji. Die laaste wedstryd van die reeks het hoofafrigter Kevin Foote waardevolle insig gegee terwyl sy span voorberei vir Wêreldrugby se komende Junior Wêreldkampioenskap in Georgië oor drie weke.
Rugby: Junior Springbokke maak skoonskip in o-20 internasionale reeks